Wynlandgoedeienaar pleeg selfmoord na plaaswerkerklag

Rietvallei

Rietvallei

BOLAND – Die eienaar van die Rietvallei-wynlandgoed in die Boland, Johnny Burger het selfmoord gepleeg.

Burger is daarvan aangekla dat hy die seun van ‘n plaaswerker, die 19-jarige Flippie Engelbrecht vyf jaar gelede aangerand het.

Die bestuurder van Rietvallei, Wilhelm Treurnicht is ook aangekla. Engelbrecht is blind na die aanval, hy ly aan bloeding op die brein en hy kry epileptiese toevalle.

Sedert die beweerde aanranding het Engelbrecht ook albei sy hande verloor, toe hy tydens ‘n toeval in ‘n oop vuur beland het.

Die beskuldigdes moes weer op 13 September in die Ashton Landdroshof verskyn. – RSG

Virtuele Bier

Omtrent die skrywer

PRAAG

Pro-Afrikaanse Aksiegroep - Direkteur: Dr Dan Roodt
Webtuistes: www.praag.co.za - www.praag.org - www.praag.org.za