Wilderness Panga Aanval, Paartjie Boender Aanvallers

Alistair Hill.

Alistair Hill.

AANVAL, GEORGE Die plaaslike polisie in George, Wes-Kaap is in dringende samesprekings met ander rolspelers oor die veiligheid op die staproete langs die ou treinspoor tussen Wildernis en Victoria Bay na nog ‘n aanval naby Leentjiesklip verlede week.

Aanvalle en rooftogte op die staproete het ernstig begin toeneem. Die polisie vermoed dat verskillende groepe aktief is by die gevalle, verskeie arrestasies is gemaak maar aanvalle en roof vind nogsteeds plaas. Die George Munisipaliteit in die Wes-Kaap oorweeg om kennisgewingborde op te sit om mense te waarsku teen gevare op die roete. 

In die jongste voorval het Alistair Hill, ‘n deeltydse wild fotograaf  van Kaapstad, en sy vriendin, Carla Germishuys, op 20 Januarie vir ‘n uitstappie op die ou treinspoor tussen Lientjiesklip en Victoriabaai in Wilderness gegaan. Die egpaar is toe deur twee aanvallers met ‘n panga oorval.

Volgens kaptein Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse Polisiewoordvoerder, het die voorval tussen 12:00 en 13:00 plaasgevind. Die paartjie se opleiding in selfverdediging is wat hul lewens gered het. Terwyl Alistair blykbaar een van die aanvallers teen gestaan het om die panga by hom af te vat het die ander aanvaller die paartjie met klippe gegooi. Die aanvaller het ook probeer om hom van ‘n krans af te gooi, waarna beide aanvallers Carla oorval het in ‘n poging om die kamera te buit. Terwyl Carla haarself verdedig, het sy daarin geslaag om die een aanvaller ‘n goeie skop tussen die bene te gee. Carla het twee swart oë en ‘n geswolle neus nadat sy geslaan is met ‘n rots.

Die polisie is deur ‘n omstander in kennis gestel, maar die paartjie was reeds weg toe die polisie op die toneel opdaag. Die paartjie het die panga aan die polisie oorhandig. Hulle is na die mediclinic George vir behandeling en is later dieselfde dag ontslaan.

BRON: George Herald

Namecheap