Visserman van Brakpan met Byl Aangeval

byl aanval

Argief foto

AANVAL, BRAKPAN – ‘n Visserman van Brakpan in Sentraal-Transvaal is Vrydagoggend omstreeks 11:00 met ‘n byl aangeval in die omgewing van die Danie Taljaard Park, Benoni.

Die visserman wat versoek het om anoniem te bly het gaan ondersoek instel na ’n visvang plek by Danie Taljaard Park. Hy het glo stilgehou toe hy ‘n ander man met ’n kano op die water gesien het en nie gedink dat dit onveilig sou wees nie. Die visserman het uit sy voertuig geklim en die man in die kano uitgevra oor die potensiaal om vis te vang in die dam. Terwyl hy en man ‘n gesprek voer het die man in die kano eweskielik vir hom geskreeu dat hy moet oppas en agter hom moet kyk.

Die visserman het omgeswaai en blykbaar ’n aanvaller met ’n byl, wat tot reg agter hom beweeg het gesien. Die aanvaller het dadelik na hom gekap. Die aanvaller het hom glo op sy arm en hand gekap. Die visserman kon daarin slaag om die byl by die aanvaller af te neem. Hy het na die aanvaller teruggekap en weet hy het hom raakgekap. Alles het so vinnig gebeur dat hy blykbaar nie seker is waar hy die aanvaller gewond het nie. Die aanvaller het daarna gevlug. Die visserman het steke aan sy wonde gekry en die voorval is by die polisie aangemeld.

RoboForm - Learn more ...