Vishoek Aanval, Man Oorval en Vermoor

Argief foto

Argief foto

VISHOEK – Francois Hugo (64) is verlede Vrydag omstreeks 18:30 dood in sy huis in Vishoek, Wes-Kaap aangetref.

Vriende en kollegas is geskok oor sy dood. Francois was ‘n oud-vlootkaptein van die Moederstad. Volgens luitenant kolonel Andrè Traut, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, vermoed die owerhede dat hy sowat drie dae vantevore in sy huis oorval en vermoor is. Die aanvallers het met sy Silwer Honda-sportnutsvoertuig –  registrasienommer CA 373 952 – en ander persoonlike besittings van die toneel gevlug. Niemand is nog in verband met die moord aangekeer nie. Hugo se motor is ook nog nie gevind nie.

Hugo word deur sy seun, Charl, en sy dogter, Anin, oorleef. ’n Gedenkdiens sal Woensdag om 11:00 in die Simonstad Skeepswerf-kerk gehou word.

Boerevolk Informasie