VIDEO: Man Doodgeskiet in Richardsbaai, Aanvaller Vlug na Huisbraak

Die huis waar die skietery plaasgevind het.

Die huis waar die skietery plaasgevind het.

RICHARDSBAAI – Die polisie ondersoek die omstandighede wat gelei het tot vanoggend se noodlottige skietery van Danie Botha in Arum Lily Straat in Richardsbaai, Natal.

Volgens die polisie het Danie en sy vrou omstreeks 10:00 gereageer toe hul buurvrou aan die oorkant van hul woning om hulp geroep het. Die polisie wou nie besonderhede bekend maak oor wat presies gebeur het nie.

Die buurvrou was besig om haar huis te verf  toe sy die aanvaller op haar perseel gesien het. Hy het oor ‘n aantal mure, elektriese heining en lemmetjiesdraad gespring om inhegtenisneming ontwyk na ‘n inbraak by ‘n ander huis.

Die aanvaller het ‘n kopwond, maar het nog steeds daarin geslaag om te ontsnap uit die gebied. Polisie word bygestaan deur die VPI en lede van die gemeenskap in ‘n soektog na die aanvaller. Hy is slegs geklee in ‘n blou denim.

Intussen word die getraumatiseerde vrou van Danie, wat tydens die voorval doodgeskiet is, bygestaan deur familie en vriende. Die vrou het self ook ‘n skietwond aan haar hand opgedoen en kry mediese behandeling.

BRON: Zulu Observer