Twee Wrede Aanvalle in Oranje Vrystaat

Argief foto

Argief foto

BLOEMFONTEIN Adri Maree (67) wat Saterdagmiddag in Hoopstad, Oranje Vrystaat aangeval is, is nog steeds in die Mediclinic Bloemfontein onder verdowing.

Niemand is nog in hegtenis geneem weens die wrede aanval Saterdag op Adri nie. Blykbaar het ’n vriend en kollega van haar, Jacques van Staden, Sondagoggend op haar afgekom, waar sy die vorige dag reeds aangerand en vir dood agtergelaat is in haar motorhuis. Die bene in Maree se gesig is glo gebreek en gekraak, sy het ook veelvuldige kopbeserings in die aanval opgedoen.
In nog ‘n aanval is Thomas Gardiner (76) ook in die hospitaal opgeneem. Thomas is Sondagaand in sy huis in Doorn, Oranje Vrystaat glo deur ’n onbekende getal aanvallers oorval. Die aanvallers het hom glo met ’n tuinvurk aangeval en ernstig beseer. Hulle het op die vlug geslaan toe die polisie by die huis opgedaag het.
Thomas is in die Mediclinic Welkom opgeneem en word vir snywonde behandel. ’n Selfoon, beursie en onbekende bedrag geld is geroof – Afrikaanse Nuus

Namecheap