Staat trek saak teen Johnny Burger terug

Wilhelm Treurnicht en wyle Johnny Burger tydens 'n vorige hof verskyning

Wilhelm Treurnicht en wyle Johnny Burger tydens ‘n vorige hof verskyning

KAAPSTAD – Die staat het Vrydag die klag teen wyle Johnny Burger teruggetrek terwyl Wilhelm (Dozi) Treurnicht, mede-beskuldigde in ‘n saak van aanranding op ‘n minderjarige in 2008, in die landdroshof op Asthon verskyn het.

Die 62-jarige Burger, eienaar van die plaas Rietvlei, het op 3 September sy eie lewe geneem. Hy en Treurnicht het saam tereggestaan op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Dit hou verband met ’n beweerde aanval op Flippie Engelbrecht (19) in Januarie 2008. Hulle het die aanklagte teen hulle ontken.

Engelbrecht beweer dié twee mans het hom so erg aangerand dat hy epileptiese aanvalle kry. Hy het later ten tyde só ‘n aanval in ‘n vuur geval. Hy is vandag blind en sy hande is geamputeer.

Landdros Jacobus Breyl het die klag teen Burger teruggetrek en toe die saak tot 14 Oktober uitgestel, wanneer dit in die streekhof op Worcesterse vervat sal word. Die verrigtinge Vrydag was binne minute afgehandel.

Die mense in die stampvol hofsaal was op die oog af almal daar om Treurnicht, alleen in die beskuldigdebank, te kom ondersteun. Die saal was so vol dat sommige mense selfs op die grond moes sit.

Buite die hofgebou, agter geslote hekke, het ‘n groepie van sowat tien ondersteuners van Engelbrecht saamgedrom. Hulle was ontevrede omdat hulle nie toegelaat is om die verrigtigne by te woon nie.

‘n Stewige kontingent polisiebeamptes het die situasie op ‘n afstand dopgehou.

Op 29  Augustus moes die polisie op Ashton hier ingryp toe meer as honderd betogers Burger se bakkie buite die plaaslike landdroshof omsingel en dit begin skud het.  ’n Skokgranaat is uiteindelik afgevuur om die betogers uiteen te jaag.

BRON: Volksblad

VERWANT:


Die beskudigings deur Flippie Engelbrecht en Carina Papenfus, ‘n lid van die ANC en sekretaresse van ‘The Freedom Trust’, is na bewering ‘n politieke set deur die ANC teen boere in die Wes-Kaap. – Red

Virtuele Bier

Omtrent die skrywer

MDBP - My District and Business Publications
The Independent Global News Network Organization