Rouxville Moordenaars in Hof, Inwoners Betoog Buite Hof

weegskaal

Argief foto

AANVAL, ROUXVILLE  – Een van die vermeende moordenaars het voorheen vir die Plaasboer, dr. Bennie Cilliers (60) gewerk en is bekend as ’n moeilikheidmaker in die omgewing.

Thabang Frans Jordaan (30), en  Ngalekile David Zamayo (42) het Maandag vlugtig in die hof verskyn na die wrede aanval op Cilliers en sy vrou, Ciecilia (59). Die moordenaars het die egpaar erg met ysters aangerand en vir dood agtergelaat. Hulle is kort na die aanval in hegtenis geneem.

Volgens verskeie Plaasboere, wat Maandag se hofverrigtinge bygewoon is Jordaan blykbaar ’n bekende moeilikheidmaker wat ’n ander Plaasboer al met die dood gedreig het. Jordaan en Zamayo het op aanklagte van moord, poging tot moord, gewapende roof en voertuigdiefstal in die hof verskyn. Hul verhoor is tot vandag uitgestel.

Jordaan is Vrydagaand ná goeie polisiewerk deur beamptes van die Valke in Smithfield aangekeer terwyl hy geld bestee het wat hy deur die verkoop van die geroofde goedere gekry het. Jordaan het beamptes na Zamayo gebring. Zamayo is by ’n taverne in hegtenis geneem en die kamera, skootrekenaar, tekkie en halwe liter brandewyn is in sy kamer gevind.

Cecilia is nogsteeds in ’n kritieke, maar stabiele toestand. Sy is steeds in die intensiewesorg-eenheid en aan lewensondersteunende masjiene gekoppel. Volgens Hans, Cilliers se ander seun, het die dokter bevestig daar is glo ‘n 80%-kans op sinvolle herstel vir Cecillia.

Intussen is inwoners van Rouxville in die Oranje Vrystaat woedend oor die dood van hul geliefde dokter Bennie Cilliers (61). Ongeveer 100 mense het buite die landdroshof in Rouxville met plakkate saamgedrom om hul misnoeë uit te spreek.