RESEP: Mikrogolf Melkkos

Heerlike mikrogolf melkkos watertand resep.

Heerlike mikrogolf melkkos watertand resep.

RESEP – Tradisionele melkkos wat van snysels gemaak is, is voorheen skertsend stingelom-die-smoel genoem.

Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 20-25 minute

100 ml (70 g) sago
1 liter (4 k) melk
30 ml (2 e) botter
2 eiers, geskei
75 ml (5 e) koekmeel
20 ml (4 t) vlapoeier
2 ml (½ t) sout
125 ml (½ k) water
60 ml (¼ k) suiker
2 ml (½ t) fyn kaneel

  1. Plaas die sago en 250 ml (1 k) van die melk in ’n mikrogolfvaste glasbak en mikrogolf 2½ minute op hoog. Roer goed en laat ’n rukkie staan.
  2. Voeg die oorblywende melk en botter by en mikrogolf nog 15 minute. Roer ná elke 5 minute.
  3. Klits die res van die bestanddele behalwe die eierwitte saam en roer by die sagomengsel in. Mikrogolf 6 minute en roer ná die eerste 3 minute.
  4. Klits die eierwitte styf en vou by die sagomengsel in. Sit warm voor saam met kaneelsuiker.

WENK
Jy kan ook ’n kaneelstokkie en 2 kardemomsade by die melk voeg. Verhit tot louwarm en verwyder die speserye.

Virtuele Bier