RESEP: Dekadente Sjokoladebruintjies

Dekadente sjokoladebruintjies

Dekadente sjokoladebruintjies

RESEP – Lewer 12 groot of 24 klein vierkante, Bereidingstyd: 15 minute, Baktyd: 25-30 minute

160 g botter
200 g gewone sjokolade
250 ml (1 k) strooisuiker
3 eiers
125 ml (½ k) koekmeel, gesif
125 ml (½ k) kakaopoeier, gesif
100 g wit sjokoladeknopies of 100 g wit sjokoladeblok
100 g amandelvlokkies
versiersuiker vir bestrooi

Voorverhit die oond tot 170 °C. Voer ’n bakplaat van 33 x 21 cm met bakpapier uit.

  1. Smelt die botter en die sjokolade afsonderlik.
  2. Klits die suiker en eiers saam en voeg die sjokolade en botter by terwyl jy roer tot goed gemeng.
  3. Voeg die gesifte meel en kakao , wit sjokolade en neute by.
  4. Giet in die bakpan en bak 25 tot 30 minute. Laat effens afkoel. Sny dan in vierkante en bestrooi met versiersuiker.

Afrikaanse Nuus

Boerevolk Erfenisbewaring