RESEP: Alles in Een Ontbyt

Alles-in-een-ontbyt resep

Alles-in-een-ontbyt resep

RESEP – Genoeg vir vier mense, bereiding neem 15 minute en gaarmaaktyd neem slegs 20 minute.

Worsmengsel:

  • 6 eiers, hardgekook en afgedop
  • sout en pas gemaalde peper
  • 4 Russiese worsies, in skyfies gesny

Sous:

  • 500 ml (2 k) dik, klaarbereide witsous
  • 1 blik (410 g) geroomde pitmielies
  • 10 ml (2 t) mosterdpoeier
  • paar druppels tabascosous
  • 250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n oondbak met kossproei.

  1. Worsmengsel: Sny die eiers in skywe en pak in die oondbak. Geur met die sout en peper en versprei die worsies bo-op.
  2. Sous: Meng al die bestanddele goed, maar hou 60 ml (¼ k) van die kaas eenkant.
  3. Giet die sous oor die worsies en sprinkel die orige kaas bo-oor.
  4. Bak 20 minute of tot goudbuin bo-op.
  5. Sit voor saam met vars basilie

Afrikaanse Nuus

Namecheap