Resensie: Maryna Knoesen – Sangeres

Maryna LS - 640 x 480

Maryna Knoesen – Belowende Jong Sangeres

KAAPSTAD – Maryna Knoesen is op 3 Julie 1994 in Pretoria gebore. Dit was ‘n Sondagoggend reeds toe haar moeder by die werk was dat Maryna haar aankoms aangekondig het. Sy het reeds musiek in haar gene gehad met haar aankoms soos wat ook duidelik sal blyk uit haar loopbaan vorentoe.

Op 9-jarige ouderdom begin sy klavierlesse neem by Juffrou Gaerdes van die Laerskool Skuilkrans, en daarna vanaf 2002 tot 2005 ook by Mejuffrou Amer van OMS Primer. Met hul trek na Bloemfontein, het sy ook klavierlesse vanaf 2006 tot 2012 by Juffrou Lise Dippenaar aldaar geneem. Haar klavierlesse het haar gehelp om ‘n baie stewige basis te kon lê vir haar kennis van musiek, en begin 2008 by die Phillip Kotze sangskool saam haar broer, Waldo en suster, Carizke te sing. Hul sang groepie heet “Die KanNone”. In 2010 word hul sanggroepie benoem as die Phillip Kotze Sangskool se beste opkomende sangers.

Gedurende Desember 2012 teken sy haar eerste sangkontrak teen vergoeding met PACOFS in Bloemfontein, en in Januarie 2013 word sy gekies as een van die Top 12 sangers by Phillip Kotze sangskool. Gedurende Januarie 2013, sluit sy aan by Chris Coetzer Studios in Pretoria en toer saam met Chris Coetzer deur Namibië gedurende April en Mei 2013 vir ‘n 3 weke glanstoer. Gedurende hierdie tyd tree hulle in verskeie dorpe op. Vir hierdie geleentheid is ‘n DVD uitgereik met ‘n beeld op die Namibië toer. Beide Phillip Kotze en Chris Coetzer is deel van die manne sanggroep – die Drie Tenore.

Vanaf Mei tot November 2013 bedien sy by die “Doxa Deo” Moot kampus saam met die gemeente se aanbiddingspan.

Haar eerste laserskyf genaamd “Feeling Good” word in Julie 2013 opgeneem en uitgereik en gedurende Augustus 2013 tree sy gedurende die Hoedspruit Wildsfees op teen vergoeding. Gedurende September van dieselfde jaar, tree Maryna saam met Chris Coetzer op in die Hillsong kerk in Pretoria tydens hul “80’s Show”, en in Oktober 2013 tree sy op in die Sand du Plessis op saam met Phillip Kotze tydens ‘n glansgeleentheid op wat bekend gestaan het as die “Prestige aand”.

Gedurende Januarie 2014 verskyn Maryna se tweede laserskyf, ‘n gospelsamestelling genaamd “Heart of Worship”, en sy sluit aan by die Doxa Deo Brooklynkampus se aanbiddingspan. Gedurende 2014 het haar loopbaan ‘n nuwe hoogtepunt bereik toe sy vanaf Maart tot Mei deelgeneem het aan Ploughmans Idols kompetisies, en verwerf die 4e plek en ook die toekennings vir “Sanger wat met meeste Passie sing”, asook die “Beste opkomende nuwe sanger” prys. As deel van die prys sal sy drie sangwerksessies saam met Chantell Williams – ‘n bekende coutry sangeres – en Dozi deurwerk op 31 Mei 2014.

Haar beplanning vir die toekoms behels weer ‘n maandlange Namibië toer gedurende Junie wat sy saam met Chris Coetzer sal meemaak, en dan op 7 Junie in die Pierneef teater optree saam met Stefan Herholdt. Daar is ook reeds verskeie kerke en skole wat haar genader het vir vertonings en huiskonserte.

Desember hierdie jaar sal vir haar ‘n hoogtepunt wees wanneer sy vir ‘n maand saam met Chris Coetzer deur Nederland en Swede gaan toer.

Maryna Knoesen se sang sal ook binnekort op Radio Afrikaans gehoor kan word. – DavMar

Virtuele Bier

Omtrent die skrywer

David Boerseun

Selfwerksaam, en 'n onbeskaamde Christen, onbeskaamd Boer en onbeskaamd Afrikaans.
Webtuiste: DavMar Tegniese Dienste.