Radio Eendrag

radio-eendrag

RADIO EENDRAG – ‘n Radio stasie vir almal, oud en jonk, vir die gesin,vir die familie, vir vriende, vir die volk wereldwyd.

Hier kuier ons saam, lag ons saam, deel mekaar se vreugde, huil ons saam en deel mekaar se hartseer en verlange, vier ons saam fees in goeie tye, dans saam want hier staan ons saam en vat hande soos een groot familie.

Hier luister ons na die nuus, die weer, maak ons lekker musiek en gesels ons oor alles wat saak maak.Lekker programme vir almal,want hier is u baie belangrik. Ja, u as luisteraar beteken vir ons baie, die stasie is u stasie waar u moet gelukkig wees en uitsien om saam ons te kuier.

Daaroor is u meer as welkom om met voorstelle te kom waar ons kan verbeter en meer bied. Ja u mag van ons verskil in besprekings punte, dis u reg en niemand gaan vir u kwaad wees daaroor nie. Ons wil juis almal se sienings hoor en hoe ons mense voel oor al die dinge. Daaroor moet u deel wees en deelneem aan al ons programme. Radio Eendrag kan net effektief wees as u die Radio stasie se programme ten volle gebruik. Die programme is daar om ons mense te help waar ons kan.

Laastens wil ons net ons dank uitspreek aan almal wat betrokke is om die stasie so ‘n groot sukses te maak, asook al ons luisteraars hier by Radio Eendrag. Dit is u wat van hierdie stasie so ‘n pragtige en vooruitstrewende stasie maak.

Radio-eendrag-24-7

KLIK OP DIE SPELER HIERNA OM TE LUISTER.

KONTAK BESONDERHEDE

Besoek gerus die volgende internet fasiliteite vir Radio Eendrag se kontakbesonderhede:


Nota: Radiostasies wat op Afrikaanse Nuus gelys word, insluitend Radio Eendrag, is onafhanklik van die Afrikaanse Nuus. Ons help egter graag om die radiostasies aan ons lesers bekend te stel en sluit ook ‘n radio-stroom in waar moontlik. – Red.