Plaasaanval, Bejaarde met Vuurwapen oor Kop Geslaan

Plaasaanvalle

Argief foto

PARYS, VRYSTAAT – Lodie van der Westhuizen, ’n Boer in die Oranje Vrystaat is deur twee mans aangeval toe hy by die huis gekom het.

Lodie is volgens sy dogter, Alet Rademeyer, op sy plaas ingewag. Hy het glo net een van sy aanvallers gesien. Die aanvaller het Lodie na verneem word met ’n vuurwapen gedwing om sy huis oop te sluit en het geld geëis.

Lodie het die noodknoppie gedruk terwyl hy en een aanvaller in die gang af beweeg het. Die aanvaller het geskrik, Lodie teen sy slaap geslaan met die vuurwapen, en het daarna gevlug. Lodie moes blykbaar steke kry en het ook beserings aan sy arms.

Boere van die omgewing het hulle na die toneel gehaas en twee verdagtes, wat van die toneel gevlug het, is deur die boere aangekeer. Die polisie het later opgedaag en het die verdagtes vir mediese behandeling geneem.

Een van die verdagtes is glo dieselfde aand dood, en die tweede het Donderdag in ‘n Bloemfonteinse hospitaal beswyk. Vier Boere is deur die polisie in hegtenis geneem op ‘n aanklag van moord. Die boere se borgaansoeke is geweier.

OPVOLG – Vrydag 08 Jan 2016

Nog Boere Aangekla van Medepligtigheid na Dood van Verdagte Plaasaanvallers

PARYS, VRYSTAAT – Na verneem word, is ongeveer twintig Boere, wat die vier Boere Vrydag by die Parys landdroshof ondersteun het, ook almal in hegtenis geneem as beweerde medepligtiges. Die boere kan glo eers Maandag aansoek doen vir borg. Berigte kon nog nie bevestig word nie. Meer inligting sal volg sodra dit beskikbaar is.

Namecheap