Pantser Baadjie Red Man se Lewe Tydens Aanval

Wicus Scheepers (49).

Wicus Scheepers (49).

AANVALLE, PRETORIA – Wicus Scheepers (49) se koeël­vaste baadjie het Saterdag in die vroeë oggendure sy lewe gered toe hy twee keer in die rug geskiet en met ’n mes aangeval is.

Wicus het tussen 00:00 en 01:00 wakker geword toe een van sy honde begin knor. Sy vrou, Adrie (41), het gesê hy moet sy koeëlvaste baadjie aantrek. Die huis in Pretoria, Sentraal-Transvaal se buiteligte was af. Hy het iets sien beweeg en die elektriese heinings afgeskakel. Wicus het glo na die dam in die hoek van die pampoenland ge­stap, toe twee mans hom oorval.

Wicus is blykbaar van ’n paar meter af twee keer met ’n handwapen in die rug geskiet. Die koeëls het die rugplaat van sy baadjie getref, en Wicus het platgeval soos hy in die weermag geleer het. Een van die aanvallers het weggehardloop en die ander een wou hom glo omdraai om hom met ’n jagmes te steek. Wicus het blykbaar sy lyf skuins gedraai, sy koeëlvaste baadjie het opgeskuif. Die mes het die rugplaat getref en aan die materiaal vasgehaak. Wicus het sy instink gebruik en weggeswaai. Die oorblywende aanvaller het toe ook gevlug.

Wicus het met die radio wat hy in een van sy baadjiesakkies gehad het, die Hercules-gemeenskapsveiligheidsvereniging ontbied. Die voorval word deur die polisie ondersoek.

Namecheap