Panga Aanval, Man se Hand Weer Geheg

Argief foto

Argief foto

AANVAL, CLAREMONT – Zander Vermeulen is Vrydagoggend, 22 Januarie omstreeks 03:00 met ’n panga teen die kop en arm gekap in Claremont, Wes-Kaap.

Volgens inligting wat ontvang is het Zander blykbaar op die hoek van Bowwood en Foylestraat gestap toe ’n voertuig met ongeïdentifiseerde aanvallers langs hom gestop het. Die aanvallers wou glo aanwysings na die naaste kitsbank hê. Zander het toe die aanwysings verskaf en verder begin stap. Een van die aanvallers, wat met ’n panga gewapen was, het uit die voertuig gespring en Zander met die wapen teen die agterkop geslaan. ‘n Stoeiery het uitgebreek, Zander het toe glo op sy rug geval, en in ’n poging om homself te beskerm, sy hand opgelig, maar die aanvaller het om teen die hand gekap.

Zander se hand is in die voorval afgekap en sedertdien weer aangeheg en het 16 steke in sy kop gekry. Die motief vir die aanval is onbekend. Die voorval is by die Claremont-polisiekantoor aangemeld, die polisie ondersoek die voorval, niemand is nog inhegtenis geneem nie.

Namecheap