Panbult Plaasaanval, Vrou Sterf Ook

Argief foto

Argief foto

PANBULT – Bernie (84) en Charlotte van Zyl (55) is Saterdag met ernstige kop en beenbeserings in ’n badkamer op die plaas Geelhoutboom in Oos-Transvaal gevind.

Charlotte is vroeg Dinsdagoggend omstreeks 02:00 oorlede. Afrikaanse Nuus het berig dat Bernie blykbaar deur een van sy werkers aangeval en met krukke doodgeslaan is Saterdag omstreeks 16:30. Die polisie het Bernie met ernstige kop en beenbeserings in die badkamer op die plaas Geelhoutboom gevind. Hy is op die toneel dood doodverklaar. Sy vrou, Charlotte (55), is ook met die krukke aangeval en het ernstige beserings regoor haar lyf opgedoen en in ’n hospitaal in Ermelo behandel.

Dit is nog onduidelik hoeveel aanvallers betrokke was, maar een verdagte is glo in hegtenis geneem. Hy is van Swaziland en is ’n werker op die plaas. Die motief vir die aanval is onbekend. Die verdagte verskyn Maandag in die Piet Retief-landdroshof.

Boerevolk Erfenisbewaring