Bejaarde Man Aangeval deur Vragmotor Bestuurder

AANVALLE, HARTBEESPOORTDAM – Dave Brown, van Pecanwood Estate, Hartbeespoortdam, in die Wes-Transvaal se neus en twee vingers is blykbaar gebreek nadat hy deur ‘n vragmotor bestuurder aangeval is. Vragmotors wat sand by ’n sandsteengroef naby Hekpoort oplaai, skep glo al ‘n geruime tyd probleme. Die sand is blykbaar altyd nat en as die flappe agter die vragmotors nie behoorlik toegemaak…

Bejaarde Man se Liggaam in Huis Gevind

AANVAL, LADY GREY – Die liggaam van John Bradish (80) is glo Dinsdagmiddag omstreeks 14:00 deur polisie in sy huis ontdek nadat hy twee dae lank nie in die openbaar gesien is nie. John, ’n jare lange inwoner van die dorp Lady Grey, Oos-Kaap het blykbaar Sondag by sy buurman, Arthur Cross, sowat twee huise van sy huis gekuier. John…

Jacob Zuma

Nkandla Saak: JZ se Arrogansie kry Dramatiese Ommeswaai

NKANDLA – President Jacob Zuma het presies ’n week voordat die Nkandla-saak deur die konstitusionele hof aangehoor word, ’n skikking voorgestel. Zuma het voorgestel in die konsep-hofbevel, wat die president aan die konstitusionele hof voorgelê het, dat hy glo uit sy eie sak “’n billike deel” sal betaal van die koste van opknappings aan Nkandla wat nie veiligheidsverwant is nie,…...


Die res van hierdie inhoud is beskikbaar vir Brons, Silwer, Goud and Platinum lidmaatskap alleenlik.

Teken Aan of Registreer indien u nog nie aangesluit het nie. Dit is beslis die moeite werd!

Mooinooi Moord, Twee Verdagtes Vasgetrek

AANVAL, MOOINOOI – Dr. Steyn Steenekamp (75) se lyk is Sondag op sy plaas Rietfontein buite Mooinooi in Wes-Transvaal gevind. Die polisie het blykbaar twee mans in verband met die moord vasgetrek. Die verdagtes is Dinsdagmiddag in Fochville, sowat 130 km vanaf Mooinooi, vasgetrek. Beide die verdagtes het glo op Steenekamp se plaas gewerk. Volgens majoor Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder in…

byl aanval

Visserman van Brakpan met Byl Aangeval

AANVAL, BRAKPAN – ‘n Visserman van Brakpan in Sentraal-Transvaal is Vrydagoggend omstreeks 11:00 met ‘n byl aangeval in die omgewing van die Danie Taljaard Park, Benoni. Die visserman wat versoek het om anoniem te bly het gaan ondersoek instel na ’n visvang plek by Danie Taljaard Park. Hy het glo stilgehou toe hy ‘n ander man met ’n kano op…

Grond Onteiening Wetsontwerp Aanvaar

PRETORIA – Die Wetsontwerp op Onteiening is Dinsdagoggend na maande van besprekings deur die portefeuljekomitee oor openbare werke aanvaar, grond wat bekom is voor 1913 is nie deel van die nuwe wet nie. Die DA en UDM het egter hul teenkanting teen die wetsontwerp uitgespreek. Die DA se naasgrootste beswaar is die definisies vir eiendom en onteiening. Die DA se…...


Die res van hierdie inhoud is beskikbaar vir Brons, Silwer, Goud and Platinum lidmaatskap alleenlik.

Teken Aan of Registreer indien u nog nie aangesluit het nie. Dit is beslis die moeite werd!

Koffie Gaan Duurder Word Weens Droogte

SAKE NUUS – Koffie gaan vanjaar duurder word weens die droogte wat die gebiede teister waar die wêreld se grootste koffie-oeste vandaan kom. Ondergemiddelde verwagtinge vir reënval in Brasilië se Espirito Santo-staat en in dele van Colombia, die wêreld se twee grootste verbouers van arabica-koffiebone, het die prys van koffie in Januarie met 5% laat styg. Buiten vir ’n kleiner…...


Die res van hierdie inhoud is beskikbaar vir Brons, Silwer, Goud and Platinum lidmaatskap alleenlik.

Teken Aan of Registreer indien u nog nie aangesluit het nie. Dit is beslis die moeite werd!

Bejaarde Vrou op Plaas Oorval en Beroof

AANVAL, BRITS – ’n Bejaarde vrou (83) net bekend as mevrou Steyn is Sondagoggend omstreeks 01:00 op ’n plaas naby Brits in Wes-Transvaal aangeval en beroof. Mevrou Steyn het vroeg Sodagoggend glo iets by die agterdeur van haar kothuis gehoor. Sy wou net opstaan toe drie aanvallers by die agterdeur inkom en die slaapkamerlig aanskakel. Twee het haar met handwapens…