Egpaar in Natal Wreed Aangeval en Doodgesteek

KWAMBONAMBI – David (76) en Anne (73) Strauss van KwaMbonambi in Natal, is Maandag in hul huis aangeval deur ten minste drie mans, wat hulle vasgebind, die huis geplunder en hulle dood gesteek het. Die polisie is na die toneel gelei deur ‘n verdagte wat hulle op ‘n onverwante saak in hegtenis geneem. Na die polisie die verdagte deursoek het…

Heidelberg Vrou in Beide Bobene Geskiet

HEIDELBERG – ‘n Vrou (67) van Heidelberg in Sentraal-Transvaal is Dinsdagoggend omstreeks 11:00 in haar tuin geskiet. Sy was blykbaar besig in haar tuin toe sy deur haar heining geskiet is. Volgens Kaptein Tshilate van Heidelberg polisie het die voorval in Verdoornstraat, Rensburg gebeur. Drie onbekende aanvallers het die vrou genader en sonder om ‘n woord te sê haar in…

Wit Renoster

Drie Polisielede Probeer Renosterhorings Verkoop

PRETORIA – Innocent Mandla Khumalo, ‘n polisiekaptein en sy makkers het blykbaar drie renosterhorings aan ’n Chinese informant probeer verkoop. Die horings is tydens die “onderhandelinge” uit ’n gemerkte polisie-voertuig gehaal sodat die “koper” dit kon inspekteer. Ntsikayomzi Seliwa, ’n makelaar, kaptein Innocent Mandla Khumalo van Soweto en Muzayifari Radebe, ook van Soweto, in Sentraal-Transvaal ontken skuld op die aanklag…...


Die res van hierdie inhoud is beskikbaar vir Brons, Silwer, Goud and Platinum lidmaatskap alleenlik.

Teken Aan of Registreer indien u nog nie aangesluit het nie. Dit is beslis die moeite werd!

Slagtersnek Rebellie Vandag Tweehonderd Jaar Gelede

GESKIEDENIS – Die Slagtersnek-rebellie verwys na ‘n Boer in die Oos-Kaap, Johannes Bezuidenhout, se kortstondige opstand teen die Britse bewind in die tydperk 1815–1816. Dit word ook as een van die redes vir die ontstaan van die Groot Trek beskou. Die naam Slagtersnek, waar die rebelle gevang is, is ontleen aan die Britse handelaars van Grahamstad wat hier bymekaar gekom…

Vermeende Rower val Meters Ver met Fiets

DURBAN – ’n Vermeende rower is in ’n kritieke toestand nadat hy by ’n 25 m hoë afgrond afgetuimel het toe hy op ’n fiets probeer vlug het. Volgens omstanders het die verdagte Maandag glo met ’n televisiestel onder die arm gevlug na ’n beweerde huisroof in Winston Park, Natal. Hy het met die fiets by ’n steil afdraand afgejaag…...


Die res van hierdie inhoud is beskikbaar vir Brons, Silwer, Goud and Platinum lidmaatskap alleenlik.

Teken Aan of Registreer indien u nog nie aangesluit het nie. Dit is beslis die moeite werd!

Durbanville Fietsryer het Breinskade na Baksteen Aanval

DURBANVILLE – Pieter Swart, is Sondagoggend buite Durbanville in die Wes-Kaap van sy fiets geboender en aangerand met ‘n baksteen. Pieter, het die oggend blykbaar op sy fietsroete tussen Durbanville en Fisantekraal gery. ’n Aanvaller het hom vermoedelik langs die pad ingewag, ’n stok deur sy voorwiel se speke gedruk en hom met ’n baksteen in die gesig geslaan. Pieter,…

Senior Polisielid by Sy Huis Doodgeskiet

PRETORIA – Luitenant kolonel Renier Lagois (51) van die Loate-polisiekantoor in Mabopane, Sentraal-Transvaal is Maandag omstreeks 17:00 by sy huis in Villieria, doodgeskiet. Lagois se motor, selfoon en vuurwapen word vermis, die motief vir die moord is nog onbekend. Veertien koeëldoppies is op die toneel gekry. Brigadier Hangwani Mulaudzi hoof van die Valke meen dat om polisiebeampte te vermoor, is…

Kragnetwerk

Eskom Versoek kan Voedselsekerheid Bedreig

KAAPSTAD – As Eskom sy sin kry vir ’n ekstra R22,8 miljard kan dit voedselsekerheid in Suid-Afrika ernstig bedreig. Eskom het ingevolge die prysreguleringsmaatreëls aansoek gedoen vir die ekstra verhoging om te vergoed vir minder as verwagte elektrisiteitsverkope asook groter as verwagte uitgawes aan hoofsaaklik primêre energie in 2013/14. Volgens Carl Opperman, hoof van Agri Wes-Kaap, is die koringbedryf reeds…...


Die res van hierdie inhoud is beskikbaar vir Brons, Silwer, Goud and Platinum lidmaatskap alleenlik.

Teken Aan of Registreer indien u nog nie aangesluit het nie. Dit is beslis die moeite werd!