Mooinooi Moord, Twee Verdagtes Vasgetrek

Dr. Steyn Steenekamp

Dr. Steyn Steenekamp

AANVAL, MOOINOOI – Dr. Steyn Steenekamp (75) se lyk is Sondag op sy plaas Rietfontein buite Mooinooi in Wes-Transvaal gevind.

Die polisie het blykbaar twee mans in verband met die moord vasgetrek. Die verdagtes is Dinsdagmiddag in Fochville, sowat 130 km vanaf Mooinooi, vasgetrek. Beide die verdagtes het glo op Steenekamp se plaas gewerk.

Volgens majoor Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder in Wes-Transvaal het die twee aanvallers Steenekamp se voertuig in hul besit gehad. Die aanvallers het glo ook sy skootrekenaar en selfoon gebuit, maar dit is nog onduidelik of die items al opgespoor is.

Dit is ook danksy Bets Botha-Steenekamp (70), Steyn se vrou en haar drie stiefseuns se speurwerk dat die polisie gistermiddag die aanvallers vasgetrek het. Die aanvallers was glo werkloos en Steyn het hulle werk op sy plaas gegee. Bets het onmiddellik na die oudwerkers se adres begin soek, rondgebel en uiteindelik die adresse opgespoor en aan die polisie gegee.

Die ander seuns, Seymore en Nicolaas, het glo hul deel van die speurwerk op Facebook gedoen deur te soek na die verdagtes se profiele. Hulle het blykbaar agtergekom die mense het die veiligheidstelling van hul profiele verander, dit was skielik geslote en die foto’s was anders. Dit is nog onduidelik hoe Steenekamp vermoor is.

RoboForm - Learn more ...