Man Geskiet, Vrou en Kinders Ongedeerd

Argief foto

Argief foto

AANVAL, KEMPTONPARK – ‘n Man (40) is geskiet in sy bolyf tydens ‘n huisbraak omstreeks 02:00 Donderdag oggend, in Majuba Straat,  Van Riebeeck Park, Sentraal-Transvaal.

Volgens kaptein Lesiba Molokomme, polisie woordvoerder van Norkem Park SAPD het die eienaar van die huis voetstappe gehoor en ondersoek gaan instel. Die aanvallers het hom oorval en geskiet. Die slagoffer is na die hospitaal gehaas. Dit is nog nie bevestig hoeveel skietwonde hy opgedoen het nie volgens sy familie wat ook tuis was is slegs twee skote afgevuur.

Dit is nog onduidelik waar die aanvallers toegang tot die huis verkry het. Die man se twee kinders, sewe en 10 jaar oud, sowel as sy vrou was saam die slagoffer in die huis, maar is ongedeerd. Op hier die stadium word net ‘n selfoon glo vermis. Huisroof en poging tot moord word deur die polisie ondersoek.

BRON: Kempton Express

Namecheap