KykNet, Beeld en die jongste heksejag oor ‘rassisme’

Dr Dan Roodt

Dr Dan Roodt

deur Dan Roodt

Soos daar vandag in beide Beeld en die Engelse dagblad The Times berig word, is ‘n kunsmatige uitbarsting rondom ‘n rubriek van dr. Louis Mabille wat op hierdie webblad verskyn het, geskep. ‘n Naspers-rubriekskrywer en dosent van UJ, dr. Piet Croucamp, het die aanval op Mabille se rubriek geloods.

Op versoek van dr. Mabille, het ons die rubriek verwyder. (Rubriek hier beskikbaarRed)

Destyds onder die Nasionale Party-regering was daar in die sewentigerjare die berugte regter Lammie Snyman wat aan die hoof van die sensorraad gestaan het. Daar was ook ‘n organisasie bekend as Aksie Morele Standaarde wat skrywers se boeke deurgegaan het en vir vloekwoorde of sekstonele gesoek het, waarna hulle klagtes by die Sensorraad ingedien het. Met dié metode het “aktiviste” daarin geslaag om ‘n Hertzogpryswenner, Etienne Leroux se Magersfontein o Magersfontein! verbied te kry.

Een van die frases in dié satiriese roman wat Aksie Morele Standaarde, asook die Sensorraad, aanstoot gegee het, was:”Daar is ‘n kaffer in die swembad.” Dit het glo “goeie verhoudinge tussen bevolkingsgroepe bederf”.

Skrywers en letterkundiges het egter teen dié taktiek beswaar gemaak omdat ‘n sin of ‘n frase heeltemal buite konteks aangehaal word en dan vir skokeffek aan die sensors voorgelê word. Een van die beginsels waarmee prof. Kobus van Rooyen van die destydse Appèlraad op publikasies die proses meer geloofwaardigheid wou gee, was deur te beslis dat ‘n werk of ‘n teks in sy geheel beoordeel behoort te word.

Dr. Piet Croucamp en joernaliste van die Naspersgroep staan vandag aan die spits van ‘n tweede vlaag sensuur waarmee skrywers, denkers, filosowe en woernaalskrywers op die internet getref word. Weereens, net soos veertig jaar gelede, word die taktiek gevolg om ‘n enkele woord of sinsnede buite verband vir skokwaarde aan te haal om dan die skrywer se sogenaamde “rassistiese ingesteldheid” aan die kaak te stel.

Nie eens die erg bevooroordeelde Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gebruik dié bedenklike metodes nie, want sy woordvoerder, Isaac Mangena, wou nie ‘n oordeel oor slegs ‘n enkele sin of paragraaf uit die artikel uitspreek alvorens hy nie die konteks bestudeer het nie.

Die ironie is dat die adjunkpresident, Kgalema Motlanthe, verlede naweek ‘n soortgelyke oproep as Mabille gelewer het toe hy volgens ‘n SAUK-berig gesê het: “Ons moenie agter kultuur wegkruip nie, anders sal ons geslag-gebaseerde geweld voortsit.” ‘n Aspek van swart kultuur waarna Mabille in haar stuk verwys het, is die mite dat vigs deur die verkragting van ‘n maagd of jong kind genees word. In aan van die ergste gevalle van dié bygeloof het ‘n swartman, Sifiso Makhubu, 34 minderjariges en 2 volwasse vroue verkrag en sommige van hulle vermoor.

Waarom mag rubriekskrywers en filosowe nie na die verskrikkings verwys wat in Suid-Afrika tier nie? Maar ‘n ANC-politikus soos Motlanthe mag hom wel oor geslagsgeweld in die land uitspreek? Is dit die ideologie van witskuld wat ons verbied om hoegenaamd swart misdaad en vergrype onder die loep te neem?

Tydens die onlangse Amerikaanse skandaal rondom die vermaarde kok en kookboekskryfster, Paula Deen, wat glo 30 jaar gelede die woord “nigger” gebruik het, het ‘n ander blanke haar gedagvaar vir ‘n oortreding van die Amerikaanse burgerregte wette. Dit is baie soortgelyk aan die huidige geval waar die blanke Piet Croucamp sy medeblanke, Louise Mabille, vir sogenaamde “haatspraak” verkla.

In sy uitspraak het die Amerikaanse regter, William T. Moore jnr., egter die klag teen Deen verwerp deur te sê dat die blanke klaagster oor geen locus standi beskik om Deen te verkla nie.

Tensy Croucamp as woordvoerder vir verkragters en moordenaars wil optree en dus deur Mabille se kritiek te na gekom voel, word hy self hoegenaamd nie deur die artikel geraak nie en is geensins benadeel nie.

Soos ek reeds in my kommentaar aan The Times gesê het, betreur ek dit dat Afrikaners hulle aan dié gedrag skuldig maak, sy dit dan mense soos Croucamp wat hul Afrikanerskap verwerp. Soos ek dit gestel het: ”Those who criticised Mabille are all Afrikaners. It saddens me to say this, but Afrikaners seem to make very good communists. The more our society sinks into a quagmire of ideology and prejudice, the more some Afrikaners, especially some academics, display an intolerance and a doctrinaire attitude reminiscent of Stalin’s Russia.”

Die onverkwiklike rol wat KykNET, Beeld, Die Burger en ander Naspers-organe in die heksejag op kreatiewe en denkende mense in Suid-Afrika speel, kan nie oorbeklemtoon word nie. Want sonder ‘n spreekbuis soos die betaalkanaal KykNET wat Croucamp in sy heksejag aangewend het, sou die kwessie nooit tot die histrioniese intensiteit gevoer gewees het waartoe dit wel gevoer is nie.

Die tema van die gewraakte rubriek was die anti-Westerse houding van Westerse feministe wat hul nie genoegsaam uitspreek teen die sadistiese geweld wat in Suid-Afrika plaasvind nie, soos byvoorbeeld verkragtings en moorde op plase, baba- en kinderverkragtings, asook “korrektiewe verkragtings” op swart lesbiërs in die lokasies.

Naspers en ‘n klein groepie kwaadwillige akademici wat, meesal om persoonlike redes, ander in die naam van ras aanval, verteenwoordig ‘n gevaar vir spraakvryheid in Suid-Afrika.

Virtuele Bier

Omtrent die skrywer

PRAAG

Pro-Afrikaanse Aksiegroep - Direkteur: Dr Dan Roodt
Webtuistes: www.praag.co.za - www.praag.org - www.praag.org.za