Kry ‘n Radiospeler vir Internet Radiostasies

RadioSureRADIOSURE – RadioSure is GRATIS en baie handig om na Internet Radiostasies te luister. Internet Radiostasies word oor die algemeen gebruik vir volksverwante radio uitsendings wat nie onderworpe aan goedkeuring deur die owerhede is nie.

Die Radiostasies kan dus regoor die wereld geluister word deur enige persoon met ‘n internetverbinding. Die stasies is ook nie onderworpe aan radiofrekwensie-lisensies wat deur owerhede gehef word nie. Dit beteken egter dat die stasies ook nie op gewone radios gehoor kan word nie.

Radiostasies wat gebiedsgebonde is, saai ook baie keer uit via die internet aan luisteraars buite die opvangsgebied. Natuurlik moet u rekenaar aan die internet gekoppel wees om na radio-programme te kan luister, en sal die program ook internet data verbruik. Die hoeveelheid data wat verbruik word hang af van die kwaliteit van die kanaal waarop u inskakel.

‘n 24 tot 48 kbps verbinding lewer heel aanvaarbare kwaliteit en gebruik relatief min data vir ‘n 3G internetverbinding. Met ‘n 24 kbps verbinding sal u dus sowat 86,4 Mb se data verbruik vir ‘n uur-lange radio-uitsending. Indien u beter klank kwaliteit verlang, kan u inskakel op ‘n kanaal wat meer data verbruik. Meeste internet radiostasies bied alternatiewe kanale met beter of swakker klank volgens die behoeftes van hul luisteraars.

RadioSure is ‘n relatief klein programmetjie wat in die agtergrond of op u rekenaar se “task-bar” geplaas kan word sodat u lekker kan radio luister terwyl u werk of ontspan. U kan ook kies of RadioSure gelaai moet word wanneer u rekenaar aangeskakel word en of u eerder die program self aan die gang wil sit.

Weergawe 2.2 van RadioSure kan hier afgelaai word.

  1. Klik regs op hierdie RADIOSURE SKAKEL en kies “Save Link As” om die installasie program af te laai (5.27 MB). LW: Die beskrywing van die opsie om programme af te laai word bepaal deur u internet program (“web-browser”). Kies die geskikte opsie nadat u regs geklik het op die skakel.
  2. KLIK HIER om die installasie instruksies af te laai (645 KB).

Indien u meer wil weet oor RadioSure, besoek gerus hul webtuiste.


Indien u betrokke wil raak by B Mark SA, Afrikaanse Nuus die Media-Netwerk of enige ander projek, registreer sodat ons van u bewus word. Meer informasie sal weldra bekend genaak word. – Red

Boerevolk Erfenisbewaring

Omtrent die skrywer

Redakteur

Afrikaanse Nuus is jou aanlyn koerant !! Sluit by ons aan en skryf oor die verwikkelinge binne jou plaaslike gemeenskap.