WAT EN WAAR: Kerkstraat Bom Ontploffing Herdenking 20 Mei 1983

Kerkplein in Pretoria.

Kerkplein in Pretoria.

PRETORIAOmstreeks 16:30 nm op Vrydagmiddag 20 Mei 1983 ontplof ‘n kragtige motorbom naby die SA Lugmaghoofkwartier in Kerkstraat, Pretoria van Sentraal-Transvaal.

Die bom is geplant deur Aboobaker Ismail van die ANC se militêre vleuel, Umkhonto we Sizwe. Die feit dat die bom gestel is om af te gaan gedurende spitstyd laat min twyfel daaroor dat die veiligheid van burgerlikes nie ‘n prioriteit vir die ANC was nie.

19 mense sterf en 217 word ernstig verwond.

Op Woensdag 20 Mei 2015 herdenk Front Nasionaal hierdie gebeurtenis en nooi ons graag vriende en volksgenote om saam met ons te herdenk. Die verrigtinge begin om 10:00 voor die Poynton Gebou in Kerkstraat (deesdae WF Nkomo straat – tussen Sophie du Bruyn en Bosmanstraat naby Kerkplein) Pretoria van Sentraal-Transvaal.

Die program:
10:00 Opening en verwelkoming. Gebed
10:10 Oorlewendes en naasbestaandes deel herinneringe aan die gebeure
10:25 Sunette Bridges
10:30 Henk vd Graaff
10:35 Steve Hofmeyr
10:40 Bedankings: Front Nasionaal
10:50 1 Minuut stilte
Laaste taptoe
Kranslegging
Afsluiting met Die Stem van Suid-Afrika

Alle organisasies en individue word genooi om deel te hê deur ‘n krans te lê. Skakel asseblief met Wessel Basson by 082 655 5395 voor 16 Mei om dit te bevestig. Sorg asseblief vir u eie verversings en opvoustoeltjies waar moontlik – Front Nasionaal

Namecheap