Kaarte

Welkom by Afrikaanse Nuus se kaarte kategorie waar u die nuus via kaarte kan beskou.

Ons vertrou dat kaarte ‘n nuwe dimensie aan nuusgebeure verleen aangesien mens jouself nou binne die ruimte van nuusgebeure kan plaas. Verder stel dit ook ons lesers in staat om die omgewing te gaan verken waaroor daar berig word; met verskeie opsies om oor te skakel na verskeie soorte  kaarte en satelliet beelde van die omgewing.

Kaarte verskaf egter nie net ‘n addisionele perspektief aan individuele nuusgebeure en berigte nie, maar stel die leser ook in staat om ander gebeure in die omgewing te beskou om sodoende ‘n beter geheelbeeld te vorm van dit wat in ‘n spesifieke area plaasvind; asook in Suid-Afrika en die ganse wêreld daar buite. Kyk gerus na “Insidente Kaart” of die “Kaart van Suid-Afrika” en gebruik kaartmerkers om ander nuusgebeure of selfs die geskiedenis van die omgewing te gaan verken.

Indien publieke belangstelling dit sou regverdig, kan ons ook die publiek in staat stel om via hul selfone na hul onmiddelike omgewing te kyk om sodoende nuusberigte en geskiedkundige gebeure van die omgewing op te spoor. Dit kan nou reeds gedoen word met behulp van “augmented reality” en ‘n programmetjie op u selfoon. Op die huidige stadium kan ons egter nog nie die maandelikse kostes vir die skryf en instandhouding van die selfoon-program regverdig nie. Moedig dus u vriende aan om ook by ons aan te sluit en benut gerus ons bemarkingsdienste en ander dienste om sodoende by te dra tot addisinele ontwikkelings.

Afrikaanse Nuus is gereed om nuus via "Augmented Reality" te verskaf.

Afrikaanse Nuus is gereed om nuus via “Augmented Reality” te verskaf. Dit kan gedoen word vir alle kaartmerkers en kan dus informasie oor besighede insluit.

Indien streeksradiostasies op die kaarte aangetoon sou word, sal ons lesers dan ook kan inskakel by lewendige uitsendings uit die omgewing. Tans kan u HIER inskakel op enkele radiostasies.

Raak betrokke by ons as rubriekskrywers of doen aansoek vir ‘n Blog op Afrikaanse Nuus en dra so by om meer informasie oor u belangstelling en omgewing beskikbaar te stel. Registreer eers as gebruiker en kontak ons daarna om aansoek te doen vir die nodige regte en fasiliteite om te publiseer.

LYS VAN KAARTE

KLEURKODES EN MERKERS VIR KAARTE

Opmerking: Die gebruik van ons kaartmerkers met direkte skakels op eksterne webtuistes is verbode aangesien dit addisionele werksverrigting van ons stelsels vereis (Sien Terme en Voorwaardes vir die gebruik van hierdie webtuiste). U kan die kaartmerkers gratis HIER aflaai en op u webtuiste gebruik. Indien u addisionele kaartmerkers verlang, beveel ons aan dat u Nicolas Mollet se webtuiste besoek. Die kaartmerkers wat hierna vertoon word, is slegs voorbeelde en is geensins ‘n volledige lys van kaartmerkers wat deur Afrikaanse Nuus gebruik word nie.

Waar moontlik, poog ons om kaarte saam met berigte te plaas wat die betrokke insident aandui. Ons maak gebruik van verskillende kleure merkers op kaarte vir maklike onderskeid van informasie. Sodoende kan lesers makliker onderskeid tref tussen die verskeie tipe fasiliteite wat op kaarte aangedui word.

Besighede kan nou ook kaartmerkers op die kaart van Suid-Afrika plaas wat die betrokke besigheid sal aandui. Kontakbesonderhede en ander informasie oor die betrokke besigheid kan sodoende ook binne die kaartmerker se vlaggie geplaas word. Dit word egter vereis dat die kleure wat in grafika gebruik word, sover moontlik by die betrokke merker se kleur sal aanpas. Kontak ons vir meer informasie oor kaart-bemarkingsopsies.

VERMAAK – [Kleurkode – C259B6]

Vermaak - HerdenkingsVermaak- KunsVermaak - BustoereVermaak - KasinoVermaak - FilmvertoningsVermaak - Danssaal

RESTOURANTE en AKKOMMODASIE – [Kleurkode – 8C4EB8]

Akkommodasie - Bed en OntbytAkkommodasie - HotelAkkommodasie - Safari en PlaseAkkommodasie - Jeugoord of HostelRestourant - KroegRestourant - Vrugte en Ligte Drankies

INDUSTRIE – [Kleurkode – 265BB2]

Industrie - RadiostasieIndustrie - SatellietIndustrie - Algemene KonstruksieIndustrie - Konstruksie ProjekteIndustrie - Krag- en KommunikasielyneIndustrie - Kragsentrale

BESIGHEID, ADMINISTRASIE en KANTORE – [Kleurkode – 3875D7]

Kantore - AdministrasieKantore - Bank OTMKantore - BankKantore - InformasieKantore - GemeenskapsaalKantore - Maatskappy

WINKELS en INKOPIES – [Kleurkode – 5EC8BD]

Winkels - FietseWinkels - BakkeryWinkel - LekkergoedWinkel - RekenaarsBlommewinkelSkoenwinkel

TOERISME – [Kleurkode – 67C547]

Toerisme - Kampeer en PiekniekToerisme - KampvureToerisme - Kampeer en KaravaanToerisme - StedeToerisme - DorpeToerisme - Troeteldier Wandel

NATUUR – [Kleurkode – 128E4E]

Natuur - UitsigNatuur - Woestyn of KarooNatuur - Dierebeskerming en WildreservateNatuur - GasteplaasNatuur - Wyn en Vrugte LandgoedDieretuin

MENSE – [Kleurkode – FFC01F]

Mense - WoonhuiseMense - ManlikMense - VroulikMense - KindersMensie - GesinneMnse - Groepe

SPORT – [Kleurkode – FF8922]

Sport - Binneshuise ArenaSport - Olimpiese StadiumSport - GolfSport - JudoSport - RugbySport - Swem

LETTERS en NOMMERS – [Kleurkode – FF6666]

Nommer - EenNommer - TweeNommer - DrieNommer - VierNommer - VyfNommer - Ses

GESONDHEID en OPVOEDING – [Kleurkode – F34648]

Gesondheid - AmbulansGesondheid - EerstehulpGesondheid - HospitaalOpvoeding - LaerskoolOpvoeding - HoërskoolOpvoeding - Universiteit

GEBEURE – [Kleurkode – C03639]

Gebeure - Gewapende InsidentGebeure - Aanval of MoordGebeure - AardbewingGebeure - Boikot of OpstandGebeure - BetogingsGebeure - Zombie of Blatante Vermetelheid

VERVOER – [Kleurkode – 9D7050]

Vervoer - LughaweVervoer - BushalteVervoer - Motor HuurVervoer - BrandstofVervoer - ParkadeVervoer - Snelweg

MEDIA – [Kleurkode – A8A8A8]

Media - KlankbaanMedia - KommentaarMedia - Aflaai FasiliteitMedia - FotoMedia - Teks of BoodskapMedia - Fokus of Zoom

 

NS: Wie weet, miskien kan ons eendag ‘n Skattejag aanbied. Dit kan lekker pret wees terwyl ons ook volksorganisasies en boere-besighede aan die publiek bekend stel. Elke volksorganisasie of besigheid kan sodoende ‘n leidraad huisves terwyl die deelnemende instansies bydra tot ‘n prys wat aangebied word.

As voorbeeld, vind Kleinfontein op die kaart van Suid-Afrika vir die eerste leidraad. Let asseblief daarop dat hierdie slegs ‘n voorbeeld van ‘n skattejag is en dat geen prysgeld aangebied word nie. Nooi gerus u vriende om deel te neem aan hierdie eerste Skattejag net vir die pret.

Sterkte en voorspoed as u besluit om wel “Skattejag 1” aan te durf.

Skattejag