Is Ons Besig om ‘n Hersenskim te Jaag?

De la Rey - Lichtenburg - 640 x 480Pieter Velthuizen – In 1899 was daar ‘n oproep om bymekaar te kom om ‘n bedreiging vir die Volk teen te staan, 87,365 burgers het geantwoord op die roep – dit het amper 4 jaar geduur. Gedurende die stryd was daar helde wat ver bo wat van hulle verwag was opgetree het. Netso was daar burgers wat moed verloor het en opgegee het, asook burgers wat hulle eie verraai het. Hier het die term Hensoppers, Hanskhakies en Bittereinders onstaan.

12 jaar na die stryd het van die groot manne weer teen ‘n bedreiging probeer saamstaan. Hierdie keer was dit ‘n interne bedreiging, en het die media van daardie tyd die mense wat in opstand gekom het Rebelle genoem, hulle was hierdie keer maar 12,000 burgers gewees.

Nou kom ons na hedendaags – hoeveel oproepe was daar nie al gewees in die laaste 20 jaar om bymekaar te kom om weereens ‘n bedreiging vir die Volk, teen te staan nie? Ja almal kom bymekaar om herdenkings te vier, en een dag protes aksies by te woon. Dis hoever dit gaan.

Die laaste verkiesing het weereens die verdeeldheid en wantroue in mekaar op die voorfront geplaas, daar was wekelange oor en weer gevegte op die sosiale media gewees. Mense kon mekaar goed uitmekaar skeur en sleg sê, maar daar was nie werklik een groot stem wat die mense kon kry om verenig te staan nie,

Dit alles terwyl daar elke liewe dag bloed en trane gestort word soos ons op die mees wreedaardigste en onmenslike wyse uitgemoor word. Hoeveel wit kruise moet nog teen die heuwel geplant word voordat die Volk sal besef daar is nie meer ‘n môre oor nie, daar is nie meer tyd om te twyfel nie, daar is nie meer tyd om te wag nie, daar is nie meer tyd om te beplan nie, daar is nie meer tyd om te wag vir ‘n leier nie. Ons moet nou begin bymekaar kom en saamstaan. Die Burgers van destyd het nie gesit en wag nie – hulle het opgetree en saamgestaan en uit die saamstaan het die leiers verskyn.

So die vraag is jaag ons ‘n hersenskim van die verlede omrede ons so vasgevang is in apatie dat ons nou soos vee by ‘n slagpale maar geduldig wag vir die doodskoot om alles te beëindig en die Volk tot die annale van die geskiedenis te verdoem?

Boerevolk Erfenisbewaring

Omtrent die skrywer

Pieter Velthuizen

Pieter skryf graag oor Volksaangeleenthede.
Lees gerus Pieter se Blog op Afrikaanse Nuus