Gedig: Hoor Boervolk – Daar is Een God!

Boerius

Boeredigter en Skrywer – Boerius

GEDIG – Hoor Boerevolk, daar is Een God!

In die lyding van ons wonde
deur die kreun van kwynend kroos
het ‘n nuwe lied op ons tong geval
wat saam met die daeraad bly bloos;
dit is ‘n lied van stille wagting,
‘n lied op wat moet kom
om in die fleur van ons geslagte
tot die mooiste skoonheid te blom.

Dit sing van krag en dade,
van geloof op wat sal wees
van ‘n vlam wat in ons woeker
tot verligting van ons gees.

Oor die wuiwing van die velde
wapper dit oor elke kop
soos die dawering van helde:
“Hoor Boerevolk, daar is Een God!”

Deur Boerius Sentraal Gevangenis, Pretoria

Omtrent die skrywer

Briewe en Persverklarings (Opinie)

Nuusberigte, Rubrieke, Grappe, Briewe en Persverklarings. U kan nou publikasies aanlyn indien. - Sien vrywaring, terme en voorwaardes.