Grappe: Hierdie is nogal ‘n PITTige grappie

Koffie Geselligheid 640x480GRAPPE EN HUMOR – Daar word vertel dat Charlize Theron is nie die enigste verdwaalde Hollywood ster met familie in Suid Afrika is nie. Na jare se geheimhouding word nou vertel dat die akteur Brad Pitt nog vier ander broers het. Hulle bly glo almal in Suid Afrika.

Die oudste broer is n boer in die Vrystaat en sy naam is Mielie Pitt. Die tweede oudste broer werk in Benoni as motorwerktuigkundige en sy naam is Tap Pitt. Die derde oudste broer is `n vlieënier vir Mango en sy naam is Kock Pitt. Die Vierde boet is heeltemal van koers af en ondersteun soos Charlise die ANC. Sy naam is Stu Pitt.

Nou ja, wat die akteurs nie alles sal aanvang nie. Onlangs het Brad Pitt en Angelina Jolie`n seuntjie uit Uganda aangeneem wat verlangs familie van Kofi Annan is. Hulle noem hom blykbaar Kofi Pitt.

Ingestuur deur: Anoniem

Boerevolk Erfenisbewaring

Omtrent die skrywer

Briewe en Persverklarings (Opinie)

Nuusberigte, Rubrieke, Grappe, Briewe en Persverklarings. U kan nou publikasies aanlyn indien. - Sien vrywaring, terme en voorwaardes.