Grappe: Kieskeurige Polisiehonde

Hond wat BidGRAPPE EN HUMOR – Eendag staan ek en bekyk die polisie toe hulle ‘n oproerige skare moet hanteer. So ‘n fris kaptein, lyk soos ‘n Kelvinator met ‘n kop op, is aan die roer van sake.

Toe die betogers nader kom bulder hy “Waterrr Canon!“. Die polisie trek toe los met daai waterstraal en spuit die klomp so halwe straatblok terug, maar die klomp staan op en kom weer.

Weer bulder sy stem “Pepperrr Spray!“. Die manne trek los en roer die klomp met die gas, maar met rooi ogies en snotneuse kom hulle steeds.

Weer bulder sy stem “Moerrr Hulle!“. Daar vlieg ‘n span onder die oproerige betogers in en slaan sewe soorte waks uit hulle uit met sambokke en knuppels, maar met seer gatte en al kom hulle steeds aan.

Toe brul sy stem “Los Hondeee!“. En die manne laat los die honde! Toe daardie honde onder die betogers invaar, spat die hele optog in meer rigtings as wat daar op ‘n kompas is en alles is oor en verby.

Stap ek toe nader en vra baie vriendelik en nuuskierig vir die polisie kaptein, nou hoekom dan al die moeite doen van water en “pepper spray” en knuppels, en nie sommer van die begin die honde gebruik het nie?

Sonder om na my te kyk, antwoord hy droog: “Hierdie is ordentlike honde en is baie vol nonses. Hulle sit nie hulle bekke aan iets voordat dit nie eers gewas, ge-spice en getenderise is nie.”

Ingestuur deur: Anoniem

Boerevolk Erfenisbewaring

Omtrent die skrywer

Briewe en Persverklarings (Opinie)

Nuusberigte, Rubrieke, Grappe, Briewe en Persverklarings. U kan nou publikasies aanlyn indien. - Sien vrywaring, terme en voorwaardes.