Grappe: Ek het nie op my Kop Geval nie

SmileyGRAPPE EN HUMOR: ‘n Jong kieser op sy fiets het hom misgis met die randsteen en hard op die sypaadjie geval. Dit was kort voor ‘n verkiesing en die parlementslid het onmiddellik sy motor tot stilstand gebring, uitgespring en die jong man gehelp. “Is niks gebreek nie,” vra hy besorg, “moet ek jou nie hospitaal toe neem nie?”

“Nee wat”, sê die beseerde, “dis nie nodig nie, daar is maar net ‘ paar kneusplekke.” Die kandidaat is verheug, “want dan kan jy darem nog vir my stem, ne?”

“Kyk, meneer,” sê die kieser, “dis regtig baie gaaf van jou om stil te hou, maar ek het op my bas geval en nie op my kop nie!”

Ingestuur deur: Anoniem

Virtuele Bier

Omtrent die skrywer

Briewe en Persverklarings (Opinie)

Nuusberigte, Rubrieke, Grappe, Briewe en Persverklarings. U kan nou publikasies aanlyn indien. - Sien vrywaring, terme en voorwaardes.