Gedig: Gekwelde Land

Boere StandbeeldGEKWELDE LAND

Die prys vir jou grond is reeds ten volle betaal
mensebloed het dit met n traktaat gaan haal
rye spore is in vlaktes getrap
spore van bloed en sweet, waar ander nie wou stap

riviere en berge is oorkruis
jou grondgebied is so uitgewys
roer en buskruit dampe in die lug
staan op my volk, dit is jou plig

ABO Konsentrasiekampgrafdink weer aan die gelofte op n loop
met bloed is jou grond gekoop
verbind tot die Heilige God
dit was jou hoogste bod

verkeerde keuses kom eis die prys
n koppie met wit kruise is bewys
hoe lank nog sluimer en slaap
‘n lam ter slagting, word nie n skaap

Plaasmoorde 640x480gekwelde land met bloed gekoop
drink jy die bloed as jou soop
jou mense vergader in sale
wil daar besluit wie is die held, wie die betaler

besef dan nou die prys is betaal
hoekom staan jy nakend, waarom so kaal
elke dag se son wat sak
byt die vyand jou aan die hak

bloed gekoopte volk, jou Gelofte
die osse drip bloed uit hul skofte
jou volk, jou taal is nie uitgedien
op die ooster, kan jy n nuwe lewe sien

P.D.Langenhoven

Namecheap