Gedig: Boere Kind

Middelburg Konsentrasiekamp Begraafplaas

Middelburg Konsentrasiekamp Begraafplaas

BOERE KIND

Op erf deurdrenk met Boerebloed,

onder stof, pol en kluit

roep die stemme van die Boerekind,

roep dit luid daaruit

In die stilte klank…….

wanhoop en smart

die roepstem van die kind

deurboor my kloppend Boerehart

in die ritsel van die wind

Waar bome deur die kopend bars

Daar grafsteen tog moet staan

die gruis en klip onder skoensool knars

val daar stukkend Boeretraan

DIGTER: David Christie Sept 2013