Gaap, nog ‘n ‘regse komplot’

Naspers en SAPA storiesBLOEMFONTEIN – “President Jacob Zuma en sy kabinetslede was veronderstel om aan die hand van regses te sterf tydens die ANC-konferensie van 2012 in Mangaung”, aldus die hoofstroom media [Bloemfontein is klaarblyklik ‘n onbekende term vir die media – Red]. Die hof in Bloemfontein het blykbaar “Maandag gehoor dat die ANC-leierskap om die lewe gebring sou word.”

“Mnr A, ‘n polisiebeampte wat die groep ‘geïnfiltreer’ het, het in die Vrystaatse hooggeregshof getuig hoe ‘n groep ‘regses’ beplan het om die land onregeerbaar te maak deur aanvalle op lughawens, stasies en olie-raffinaderye uit te voer. Dit sou gebeur nadat president Jacob Zuma en sy kabinet kwansuis vermoor is.”

Mnr A het getuig dat “die beskuldigdes, Johan Prinsloo en Mark Trollip, wapens gereël het om die sluipmoorde mee uit te voer.” Hulle ontken skuld en ‘n vierde beskuldigde in die saak is reeds vrygespreek. Hy het gesê “een van die beskuldigdes in die beweerde komplot, Martin Keevy, het gesê dat iets gedoen moet word, en dat ‘n “aanval [by Mangaung] die Boerevolk sou laat opstaan.”

Keevy (49) is onbevoeg verklaar om verhoor te word gedurende Oktober 2013, en is tot ‘n pasiënt van die Staatspresident verklaar.

“Dié bewerings is gehoor in die verhoor van Johan Prinsloo (50), aangekla van verraad en terrorisme.” SAPA, wat klaarblyklik slaafs een of ander anti-Afrikaner-agenda dien, het dadelik berig dat “regse Afrikaners op soek is na ‘n onafhanklike tuisland in die ou Transvaal en Oranje-Vrystaat” in ‘n poging om etniese Afrikaners te stigmatiseer.

Dié beweerde komplot is duidelik deur staatsagente gereël wat kennelik nie genoeg publisiteit en waarskynlik befondsing uit die Boeremagsaak kon wring nie en toenemend, in navolging van Julius Malema, ‘n voorliefde vir die benaming “Boer” toon.

Die polisiebeampte wat onder dekking was, het voorgegee dat ontevrede voormalige weermaglui die “regse saak ondersteun”, wat hoogs onwaarskynlik is aangesien oud-Weermaglede voorheen saam met swart troepe gedien het en só ‘n plan ewe lagwekkend as enige konserwatiewe Afrikaner sal vind.

Die “regse saak” waarna SAPA verwys is duidelik ‘n gefabriseerde komplot wat daarop gemik is om rassespanning te verhoog.


Arme SAPA moet seker maar ‘n bohaai opskop oor “spookstories”, want sonder sensasie verkoop koerante nie so lekker nie. – Red

Boerevolk Erfenisbewaring

Omtrent die skrywer

PRAAG

Pro-Afrikaanse Aksiegroep - Direkteur: Dr Dan Roodt
Webtuistes: www.praag.co.za - www.praag.org - www.praag.org.za