Eskom – ‘n Boere Perspektief op Onafhanklikheid van Regeringsdienste

Slawerny

Moderne slawerny en afhanklikheid van geheime organisasies, instansies en regerings.

ESKOM – Wanneer ons hoor van Eskom se probleme en finansiële situasie, dan wonder mens hoe sal ons voortbestaan sonder krag. Sonder krag gaan daar nie kos op die winkelrakke wees nie en daar gaan nie suiwer drinkwater wees nie. So waar laat dit ons; hoe lyk die toekoms vir die Boerevolk indien ’n “blackout” in die hele Suid-Afrika sou voorkom?

Earth 4 Energy

HIERDIE IS ‘N ADVERTENSIE

Ons nasionale beheersentrum by Simmerpan in Germiston het spesiale voorsorgmaatreëls wat beurtkrag outomaties toepas as die operateurs dit nie betyds doen nie. Indien jy die agteruitgang van die opwekkingseenhede by kragsentrales in ag neem, lyk dit asof iets veel ergers dalk kan realiseer naamlik permanente skade aan kragsentrales waarop ons nog minstens 15 jaar moet staatmaak.

Die afgelope drie jaar het onbeplande kragonderbrekings geleidelik toegeneem. Dit was weens opwekkingseenhede wat om ander redes as geskeduleerde instandhoudingswerk afgeskakel moes word.

Gedurende 2012 is daar gemiddeld 3,526 MW minder as die normale daaglikse aanvraag gelewer en verlede jaar was dit 5,813 MW per dag – ’n 64,8% toename in die tekort volgens Suid-Afrika se daaglikse aanvraag. Tot dusver vanjaar was die gemiddelde 4,882 MW per dag, effens beter as verlede jaar, maar dit is steeds 38,4% meer as in 2012.

Die afgelope twee maande was 5,061 MW van Eskom se beskikbare 32,000 MW buite aksie weens onbeplande herstelwerk. Die syfers is onmiskenbare tekens van verval in die toestand van die land se kragopwekkingseen­hede.

“Dit is ’n wydverspreide probleem wat baie moeilik opgelos gaan word. Niemand weet presies wat regtig aangaan nie. Voordat enige besluit geneem kan word, moet ’n onafhanklike oudit deur ’n buite-instelling gedoen word van die instandhoudingsprotokol by elke afsonderlike kragsentrale; van onderdeel-voorrade tot die vaardighede van personeel,” sê ’n raadgewende ingenieur wat sedert begin vanjaar by verskeie van Eskom se grootste kragsentrales werk gedoen het.

“Eskom is vroeër op die sogenaamde 90-7-3-beginsel bedryf. Opwekkingseenhede is 90% in bedryf, 7% is afgeskakel vir beplande instandhouding en 3% voorsiening vir onbeplande insidente,” sê Jan Roodbol, ’n afgetrede ingenieur wat die grootste deel van sy loopbaan in Eskom se diens was.

Dr. Steve Lennon, Eskom se uitvoerende hoof belas met volhoubaarheid, het verlede week in antwoord op vrae gesê dat die gemiddelde beskikbaarheid van Eskom se vloot van 13 steenkoolkragsentrales is vanjaar 75%, maar hy hoop om dit teen einde vanjaar tot 77% te verhoog.

Die raadgewende ingenieur sê hy is verstom oor die swak beplanning, gebrek aan ervaring en kundigheid, en die agteruitgang van kragsentrales se voorraad onderdele. Hy was jare gelede ’n werknemer, maar het die afgelope 15 jaar elders gewerk.

Hy het onder andere aangehaal “Daar is ’n algehele gebrek aan beplanning. Die mense is akademies goed gekwalifiseerd, maar hulle is jonk, onervare en daar is hoegenaamd niemand wat hulle leiding kan gee nie. Hulle is heeltemal onkundig oor die protokol en prosedures wat in die bedryf van kragsentrales gebruik word, ’n Wydverspreide verval in die vaardighede wat nodig is om sulke toerusting in stand te hou is aan die gang. Die toerusting en infrastruktuur is drasties besig om agteruit te gaan”.

Die afgelope drie jaar is verskeie projekte aangepak om die instandhoudingswerk aan kragopwekkingseenhede te verbeter. Die onbeplande uitskop-syfer was in 2012 laag omdat dit die eerste jaar was wat Eskom ook in die wintermaande instandhoudingswerk op groot skaal begin doen het.

Dit was ’n poging van Brian Dames, wat einde Maart vanjaar uitgetree het as uitvoerende hoof van Eskom. Dit het in daardie stadium duidelik geword dat die lae reserwes weens vertragings aan die bouwerk van die nuwe Medupi-kragsentrale was, wat dit onmoontlik gemaak het om net in die somermaande instandhoudingswerk te doen wanneer die spitaanvraag na elektrisiteit heelwat laer is.

Dit was gedurende 2012 suksesvol, maar verlede jaar en vanjaar is die skerp styging in onbeplande onderbrekings ’n onteenseglike bewys dat dinge erg skeef loop.

Die ontploffing by die Duvha-kragsentrale naby Witbank (eMalahleni) op Sondag 30 Maart 2014, het vrese laat toeneem dat die toestand van opwekkingseenhede so agteruitgegaan het dat permanente skade onafwendbaar is. Die ontploffing in die drukketel het die eenheid met ’n opwekkingsvermoë van 600 MW, vir die res van die winter buite aksie gestel. Eskom wil nie sê hoe erg die skade is nie, maar dit lyk of die eenheid vir die res van die jaar geen krag gaan opwek nie.

Mens het nog nooit gehoor van so ’n ongeluk in enige van Eskom se kragsentrales nie. Drie jaar gelede het ’n MSc-student in elektriese ingenieurswese ’n verhandeling geskryf oor instandhoudingswerk en -protokol by Duvha. Hy het afgekom op ernstige foute in die termometers van opwekkingseenhede.

Minder as ’n jaar later het ’n stoomturbine heeltemal buite beheer geraak tydens ’n toets, uitmekaar gebars en die dak van die turbinekamer vernietig. Die oorsaak was ’n instrument fout wat die turbines tot stilstand moes bring indien die draaispoed te hoog word. Die opwekkingseenheid was meer as twee jaar lank buite werking en dit het sowat R3 miljard gekos om die skade te herstel.

“Sulke foute is algemeen by al die grootste kragsentrales. By kleineres gaan dit eerder erger as beter”, was die reaksie van een van die konsultante. By een van die grotes het Eskom twee weke gelede glo die hele bestuurspan op ’n vergadering vertel hoeveel probleme daar is; soos dat daar geen voorraadlys van strategiese onderdele is nie. Die probleem is so wydverspreid dat dit jare gaan duur dit om op te los.

Nog ’n kundige sê dit is ’n uitgemaakte saak dat die soort probleme by Duvha oral kan voorkom. “Dit gaan minstens drie jaar duur om die agterstand met instandhoudingswerk in te haal. Dit gaan ook baie kos wanneer Eskom elektrisiteit moet aankoop terwyl hy sy eie eenhede afskakel vir instandhoudingswerk. Die alternatief is dat die hele vloot tot niet kan gaan, en dit sal ’n vernietigende uitwerking op die land se ekonomie hê,” sê hy.

Eskom beraam gereeld gebeurlikheidsplanne vir ‘n algehele onderbreking op die elektrisiteitsnetwerk, maar hoop dat die planne nooit nodig sal wees nie. Tog het Eskom verlede week tydens ’n uitsonderlike inligtingsessie dit duidelik gemaak dat beurtkrag sonder huiwering ingestel sal word om ’n algehele ineenstorting te voorkom. Selfs gedurende die somermaande is beurtkrag ‘n sterk moontlikheid.

“Die reaksieplan vir ’n algehele ineenstorting is in verskillende stappe opgedeel. Ons beplan dat die land twee weke sonder krag sal wees as dit sou gebeur, maar dit is ’n optimistiese siening,” sê A’Louise van Deventer, bestuurder van Eskom se nasionale beheersentrum in Simmerpan, Germiston.

Mens het ’n enorme hoeveelheid krag nodig om ’n kragsentrale wat uitgeskop het weer aan die gang te kry. Geeneen van Suid-Afrika se buurstate het voldoende kapasiteit om krag tydens noodgevalle aan Suid-Afrika te lewer nie. Die probleem is egter nie soseer om kragstasies weer aan die gang te kry nie, maar om in die vroeë stadiums die elektrisiteitslas in balans te kry en in balans te hou. As iets verkeerd loop, sal die streeknetwerk weer uitskop en sal jy van voor af moet begin. Dit kan dus heelwat langer as twee weke duur indien ‘n algehele kragonderbreking sou voorkom.

Dr. Steve Lennon, bedryfshoof van volhoubaarheid in Eskom, sê daar is “rugsteun-eenhede” wat in staat is om sonder hulp te begin krag lewer in verskeie dele van die land. Eskom sal daarmee begin en daarvandaan die netwerk stadig en geleidelik weer opbou. Dis ’n uiters moeilike proses wat goed beheer moet word. Ons doen van tyd tot tyd oefeninge om seker te maak dat die toerusting goed werk. Eskom het dié planne verlede week vir die eerste keer bekend gemaak, maar volgens Lennon “is dit beslis nie om die land op ’n ineenstorting van die netwerk voor te berei nie”.

Wat doen jy sonder krag en wanneer jou water skielik opdroog in die middel van die winter? Eskom se voorbereiding is om te kan reageer op ’n ineenstorting van die kragnetwerk want die gevolge daarvan is net eenvoudig ondenkbaar. Die vraag wat ons egter moet vra: is ons voorbereid op enige gebeurlikheid en wil jy werklik van Eskom en die regering afhanklik wees, of verkies jy om eerder voorbereid en onafhanklik te wees?

Volgens ‘n visioen-ontleder, het Siener van Rensburg drie groot onheile onder ‘n swart regering vir Suid-Afrika voorspel, nl. kragonderbrekings, waterskaarste en voedseltekorte.

1. Tydens ‘n reuse-kragonderbreking sien hy op 1 Aug 1917 – In die rigting naar Johannesburg lê ’n groot klomp droge hout van omtrent honderd tree in die rondte. Daar staat ’n tafel gedek en daar is koue gestampte mielies in ’n skotel, en ’n skotel kou pap kom ook op die tafel.

2. 12 Des 1917 – Van die Noorde kom ’n groot tjenk. Uit die tjenk rol fijn skaap mis en die tjenk rol na die Zuide. Die aarde word net een miswerf. (In Siener se tyd was daar nog min munisipaliteite of dorpsrade behalwe in die groter stede wat kraanwater voorsien het. Die boere op die plase en ook die dorpsbewoners het meestal groot opgaartenks gebruik om hulle drinkwater in te bewaar. Dus, dat die ou Siener skaapmis (uitwerpsel) uit die tenk sien rol het, wys vir ons dat ons drinkwater nog eendag vanuit die noorde tot in die suide besmet of besoedel gaan wees).

3. 2 Oktober 1915, 19 Oktober 1919 en 12 Desember 1915 – Ons sit nog en eet, dan raak die kos weg …ook die melkskottels is leeg, en die vrouens is nakend. (Daar sal ‘n groot tekort aan melk en klerasie wees – armoede. Ook op die wingerd- en vrugteboere wag daar donker tye en misoeste). Ek sien leë druiwemandjies en perskes wat in ‘n sloot lê.

Of die visioene reg geïnterpreteer word of nie, die land se infrastruktuur het nog net agteruit gegaan onder die huidige regering, en dit is dalk ‘n goeie idee om jou voor te berei om onafhanklik van die regering se dienste te kan funksioneer.

Saamgestel deur Welna van Niekerk

Virtuele Bier