‘Ek sal Papenfus doodmaak’

Flippie en Carina

Flippie en Carina

Die polisie se woordvoerder, luitenant-kolonel André Traut, het gesê die polisie het geen rekords van dreigemente wat teen ene Carina Papenfus van die Freedom Trust of die Engelbrechts gerig is nie.

Papenfus, wat ‘n voormalige geestespasiënt van die Lentegeur Psigiatriese Hospitaal is, het haar as ‘n “verontregte” plaaswerkerseun, Flippie Engelbrecht, se beskermer aangestel. Sy is vroeër van die rol geskrap en kan dus nie as regsverteenwoordiger vir Engelbrecht optree nie, alhoewel sy nie enige mediaberigte wat haar só aandui, aanvanklik betwis het nie.

Papenfus, wat voorheen psigiatriese behandeling ontvang het – onder meer vir ‘n obsessiewe kompulsiewe versteuring – het aan die media gesê sy ontvang “vieslike” dreigemente.

Intussen het ‘n swart vrou, Martha Kunene – wat eers vir Papenfus gewerk het – na vore gekom. Kunene het glo ‘n huis van Papenfus gekoop, maar die eiendom is nooit in haar naam oorgedra nie.

Kunene het gesê: “Ek sal haar doodmaak. Ek het alles verloor as gevolg van haar, alles, my man, my huis, my werk.. Alles as gevolg van Carina.

Die Burgergesin, teen wie Papenfus ‘n volgehoue veldtog voer, het hul swye oor hul 62-jarige gesinshoof se dood uiteindelik verbreek.

Die boer, wat van aanranding op Engelbrecht in 2008 aangekla word, het homself ‘n week of wat gelede by sy huis op die Rietvallei-wynlandgoed in Robertson doodgeskiet.

Sy seun Kobus wat die bestuur van die landgoed oorgeneem het, het aan die Cape Argus gesê dat die gesin “ruimte” nodig het.

“Op hierdie punt fokus ek op my familie,” het hy gesê.

Burger se dood beteken dat “Dozi” Treurnicht alleen die hofverrigtinge sal moet trotseer​​. Tydens die vorige verskyning, net ‘n dag of twee voor Burger se selfmoord, moes die polisie skokgranate gebruik om woedende betogers buite die hofgebou uiteen te jaag.

Dit staat beweer dat Burger en Treurnicht in 2008 vir Engelbrecht aangerand het. Die Freedom Trust beweer Engelbrecht het as gevolg daarvan blind geword en epileptiese aanvalle begin kry.

Hy het weens die epileptiese aanvalle in die vuur geval en het albei sy hande verloor.

Die polisie het bevestig dat hulle nog drie klagtes van aanranding teen die plaasbestuurder ondersoek .

“[Daar is] twee aanklagte van aanranding en een van seksuele aanranding. Ons kan egter nie oor die ondersoek op hierdie stadium uitbrei nie.”

Papenfus beweer dat “baie” ander plaaswerkers na vore gekom het ná Burger se dood en Treurnicht kan  van ‘n “berg klagtes” in die toekoms verseker wees.

Papenfus se pogings om die wynbedryf te kry om Rietvallei-wynlandgoed se produkte op die internet te boikot, het kritiek uitgelok weens haar volgehoue ​​en opvallend vyandige sosialemediaveldtog teen Burger en Treurnicht .

Hierdie week is ‘n anti-Papenfuswebwerf, Carina de Vries Papenfus Uncut, en ‘n parodie-Twitter-rekening geopen. Die webwerf bevat skakels na die bladsy vir haar man se eiendomsmaatskappy, wat Papenfus as een van sy werknemers vermeld.

Wyne van Suid-Afrika se woordvoerder André Morgenthal het bevestig dat dié groep, onder andere ‘n e-pos in Julie ontvang het waarin ’n boikot van die landgoed se wyne vereis word.

Die e-pos beweer dat die plaas se huidige bestuurder, Kobus Burger, die aanval op Engelbrecht gesien het en niks gedoen het nie.

Volgens boere in die gebied, het sommige kleinhandelaars reeds die wyne van hul rakke verwyder.

Engelbrecht het aan epilepsie gely het ten minste twee jaar voordat hy na bewering aangerand is. Maandag het die Cape Argus berig dat ‘n voormalige buurman van die Engelbrechts Engelbrecht tydens ‘n epileptiese aanval in 2006 gesien het.

Hierdie en vele ander oënskynlike teenstrydighede – soos getuienis vervat in Engelbrecht se mediese rekords – het daartoe gelei dat mense Papenfus se motiewe en agtergrond bevraagteken.

Werkers in die Bredevallei het aangedui dat Flippie nou “baie ryk” gaan word omdat Papenfus haar so oor hom ontferm het. Die Burgers gaan glo hul vier plase moet verkoop en “kaal uitgetrek” word, meen hulle.

Namecheap

Omtrent die skrywer

PRAAG

Pro-Afrikaanse Aksiegroep - Direkteur: Dr Dan Roodt
Webtuistes: www.praag.co.za - www.praag.org - www.praag.org.za