DA-lid Belaster Voormalige Dienspligtiges in Naarpers se Prawda

deur Manfred Delport

Manfred Delport

Manfred Delport

Boetman is vanoggend die blik…m in. Dis Boetman se eie skuld, want hy behoort teen dié tyd beter te weet as om die Afrikaanse weergawe van Prawda, Beeld, te lees. Die gewone leuens en propaganda wat in Naarpers se publikasies verskyn, gewaarborg is om enige regdenkende persoon se bloeddruk gevaarlik hoog te maak. Ek kan my goed indink hoe inwoners van die destydse Sowjet-Unie moes voel toe hulle daardie regime se leuens in Prawda moes lees. Dis dieselfde emosie wat ek ervaar as ek Naarpers se Prawda teen my beter wete in lees.

Vanoggend se bloeddrukstyging is veroorsaak deur nóg ‘n stuk gemors wat te velde trek teen die sangeres en aktivis, Sunette Bridges. Me Bridges het die linksetjies behoorlik op hol, want vir haar is Adriaan Basson, Prawda se liggewig-redakteur, banger as die duiwel vir ‘n slypsteen, te oordeel aan hoe gereeld daar histeriese bangbroek-veroordelings van me Bridges in Prawda verskyn.

Dié prul vanoggend is geskryf deur ‘n DA-raadslid in Durban, ene Martin Meyer, wat die vermetelheid het om homself ‘n trotse Afrikaner te noem. Ek het dit begin lees met die wete dat dit bloot die gewone NSA-rasieleier gemors sou bevat, wat selfs Meyer self moeilik vind om te glo. Julle almal ken dit: hoe boos apartheid kwansuis was, hoe fantasties die dooie terroris Mandela was, en watter wonderlike grondwet die land glo het. Ek het dit verwag, en ek is nie teleurgestel nie. Dit was inderdaad die gewone NSA-lofsingery, komende uit ‘n libverkrampte se besonder onoorspronklike pen. My bloed het egter behoorlik gekook toe ek die volgende lees:

“Onthou jy dat die weermag self in die townships was, ja, die land se eie weermag was ontplooi binne die landsgrense met die opdrag om ons eie mense te dood?”

Nou kyk, meneer Meyer, in jou stuk erken jy self dat jy ‘n snotsnuiter was in die jare tagtig, want jy skryf jy is 37 jaar oud. Kennelik het jou denke ook nie veel verder gevorder vanaf jou snuiterstadium nie. Jy is dus iewers rondom 1977 gebore. Jy was te jonk om diensplig te verrig tydens die jare tagtig, want jy was slegs 13 jaar oud in 1990. Ek weet dus nie wie bostaande snert in jou deurmekaar koppie ingeprent het nie, maar jy was beslis nie persoonlik daar nie. Jy het dit baie beslis nie persoonlik ervaar nie.

Laat ek jou reghelp, meneer Meyer. Ek was dáár. Ek was ‘n dienspligtige in die jare tagtig. Ek was in die lokasies. Jammer nou dat die term lokasie jou, in jou hoogheilige DA-libvertraagdheid, nou ontstig, maar tot vandag toe verwys die swartes self na die “kasi”.  Ek kan jou verseker, meneer Meyer, dat ek en my mede-troepe, en ons Staandemag-leiers, beslis nié daar was om “ons eie mense te dood” (sic) nie.

Inteendeel – ons is opgelei om mense te beskerm. Ons is ten sterkste verbied om mense leed aan te doen. Die doktrine van minimum geweld is oor en oor in ons ingedril. Ons het ons lewens op die spel geplaas sodat snotkoppies soos Meyer veilig in hulle bedjies in hulle mammies se huise kon slaap, ja ook daar in “The Last Outpost”, die liberale Natal, waar Meyer hom bevind. Daar was slegs een insident tydens my eenheid se maande in die lokasies, en dit was toe ‘n troep per abuis sy geweer afgevuur het. Dié troep het niemand “gedood” nie, meneer Meyer, dit was ‘n blote ongeluk, maar nietemin moes die insident ‘n kommissie van ondersoek ondergaan.

Ja, ons kon maklik mense uitgewis het. Ons het immers Ratels en masjiengewere gehad, wat baie effektief sou wees om massamoord mee te pleeg. Maar ons het nie. Weer eens: Ons is die dood voor die oë gesweer sou ons iemand leed aandoen, buiten uit selfverdediging. Daar is wel op ons geskiet met AK-47s. Ons lewens was wel in gevaar. Ons was daar sodat Meyer kon oorleef om vandag sy linksliberale drek en selfhaat te kan spu.

En nou draai hierdie DA- libvertraagde ploert waaragtig om en het die verstommende vermetelheid om te lieg en te beweer dat ons daar was om mense dood te maak. Nou kyk, ek verstaan dat die vermoë om te lieg sonder om te blik of te bloos ‘n voorvereiste vir ‘n DA-politikus is, maar waaragtig, meneer Meyer, jou blatante, propagandastiese leuens en beledigings wat jy teenoor my en duisende ander voormalige soldate pleeg, is onaanvaarbaar. Dit is nie net blatante leuens nie, dit is haatspraak en Nazi-agtige propaganda en beswaddering van eerbare mense.

Ek eis die volgende van al drie oortreders: Prawda se redakteur, Martin Meyer en die DA: ‘n Onmiddelike regstelling van Meyer se blatante leuens in Prawda, gevolg deur ‘n onvoorwaardelike verskoning deur Adriaan Basson, Meyer en die DA vir al drie partye se growwe gebrek aan respek vir ons wat julle in die 1980s veilig gehou het.

Boetman het nou genoeg gehad van die haat, waninformasie, leuens en propaganda wat teen my as Afrikaner gepleeg word.

 


MARTIN MEYER SE BRIEF: Die Ope Brief van Martin Meyer (37), ‘n homoseksuele DA-raadslid van die eThekwini Munisipaliteit, wat op 13 Februarie 2014 in Beeld verskyn het, volg hierna. Die Ope Brief reflekteer vermoedelik mnr. Martin Meyer se eie sienswyses. Die Demokratiese Alliansie het nog nie hierop gereageer nie.


 

Martin Meyer: Sunette, wees eerlik

 

Martin Meyer

Martin Meyer

Sunette Bridges, sanger en ‘regse aktivis’, moet ophou praat asof sy Afrikaners verteenwoordig, skryf Martin Meyer in dié ope brief aan haar. [Beeld se redaksionele kommentaar]

Goeiedag, me. Bridges.

Jy ken my nie en ek glo nie ons sal mekaar ooit ontmoet nie. [Kan dit wees dat die DA-raadslid se moed hom reeds begeef vir ‘n openbare debat met me. Bridges oor sy bewerings in hierdie skrywe?. ‘Linkse aktiviste’  is blykbaar gou om die media vir propaganda te misbruik, maar is telkens te lig in die broek om die standpunte by wyse van ‘n openbare debat te verdedig. So het Gillian Schutte se moed haar begeef nadat sy wilde bewerings via die media oor dr. Louise Mabille gemaak het.]

My naam is Martin Meyer. Ek is 37. Die ouderdom is belangrik. Ek is oud genoeg om die dae van PW Botha se “klein apartheid” te onthou. [Daar word kennis geneem van die skrywer se kinderlike perspektief op “PW se apartheid” voor sy rype ouderdom van 13-jaar.]

Ek onthou die vrees en geweld van die 1980’s en ’90’s. Maar ek is jonk genoeg om die hoop en drome van 1994 te onthou. Ek is te jonk om in 1994 te kon stem, maar oud genoeg dat ek volkome by apartheid baat gevind het.

Ek is ook aktief betrokke in politiek. Sien, soos jy, glo ek dat ons elkeen die verantwoordelikheid het om op te staan en te veg vir dit waarin ons glo. Ek is ook ’n trotse Afrikaner. [Mnr. Meyer, veg jy by wyse van skrywes aan die media waarin jy jou potensiële opponente ‘teer-en-veer’ met die oënskynlik twyfelagtige motief om jou opponente te ontmoedig om op te staan vir dit waarin hulle glo, of op watter wyse veg jy vir dit waarin jy glo?]

Ek kom van ’n lang lyn Afrikaners wat op verskillende terreine hul deel gedoen het vir ons volk. Op sommige van hulle is ek trots, ander se bydrae wens ek het nooit gebeur nie. Maar bo dit alles, bly ek ’n trotse Afrikaner. Maar voordat ek ’n Afrikaner is, is ek ’n Suid-Afrikaner. Die een kan nie sonder die ander nie. My taal, my volk, my voorkoms, my geskiedenis en my toekoms is gebind aan die land, aan die vasteland. Ek is terselfdertyd Afrikaner, Suid-Afrikaner, Afrikaan. Die een kan nie sonder die ander nie. Dit is waar ons verskil. Wel, een van die vele plekke waar ons verskil.

Ek glo die Afrikaner se toekoms lê in Suid-Afrika – ’n verenigde Suid-Afrika. Die toekoms van die Afrikaner is gebind aan die toekoms van die Zoeloe, die Xhosa, die Engelssprekende Suid-Afrikaner, die Tswana, Sotho, Venda en al die ander volke, tale en godsdienste wat hierdie wonderlike land vorm. Ja, ons is verskillend, maar ons is ook dieselfde.

Dit is my hoop, me. Bridges, dat jy eendag verby die verskille kan kyk en die ooreenkomste sal sien. Slegs dan sal jy vryheid ken, me. Bridges, slegs dan sal jy vreugde ken. [Vryheid impliseer ook gelyke regte en geleenthede vir almal wat tans deur Swart Ekonomiese Bemagtiging daarvan ontneem word.]

Want sien, ek dink jy leef in vrees. Jy is bang vir alles en almal om jou, so jy trek laer. Maar jou vrees is gebou op leuens. [Die skrywer het hierbo aangedui dat hy me. Bridges nie persoonlik ken nie, maar hier het hy ‘n opinie t.o.v. haar diepste vrese en lewensuitkyk.] Sommer op jou webbladsy al sien ons dit. Op jou webbladsy beweer jy: “A mere 20 years ago this country was considered one of the safest in the world.” [Dit staaf nie die voorafgaande ‘gevolgtrekkings’ oor me. Bridges nie.]

SA Weermag 640x480Ek sien jy is 43. Ses jaar ouer as ek. So seer sekerlik onthou jy ook die ’80’s? Onthou jy die betogings? Onthou jy die polisie-optrede in die townships (of noem jy dit nog lokasies?). So jy weet dat so baie van ons mense (ek bedoel nou ons land se mense) maandeliks deur die regering self doodgemaak is. Onthou jy die no-go-areas? Onthou jy die geweld in Natal, aangevuur deur die regering self? Onthou jy dat die weermag self in die townships was, ja, die land se eie weermag was ontplooi binne die landsgrense met die opdrag om ons eie mense te dood? [Volgens rekords was die polisie- en weermag-aksies juis daarop gemik om strydende politieke faksies uit mekaar te hou en om bomontploffings en tereurdade te bekamp met die doel om burgerlikes te beskerm en lewensverliese te verhoed. Mnr Meyer maak wilde stellings sonder enige bewyse terwyl sulke aangeleenthede tog deur die Waarheids- en Versoeningskommissie ondersoek is. Mnr. Meyer het duidelik verskeie wanpersepsies oor opdragte aan veilligheidsmagte, veral ten tye van die implementering van Resolusie 435 en is besig om agterlike politiek te bedryf waarin landsburgers en oud-soldate oneer aangedoen word. Die vraag is egter of die Demokratiese Alliansie hierdie stellings van hul raadslid steun?]

Klink dit vir jou na ’n veilige land? So, ek moet aanvaar dat jy bedoel dat die land veilig was vir ’n klein persentasie van die land, vir, jy weet, die wit mense. Dit moet wees wat jy bedoel, dit, of jou geheue is nie meer wat dit was nie. [lasterlike en rassistiese opmerking.]

O ja. Gaan doen ook navorsing – in 1994 was daar 25 000 moorde in Suid-Afrika, meer as nou, so dalk is jou vrees nie op feite gegrond nie. [Dit sou ook kortsigtig wees om die omstandighede kort na afloop van die oorlog en aard van die moorde buite rekening te laat ten tye van ‘n magstryd oor politieke gesag onder swart geledere, Dit kan allermins met die huidige omstandighede en aard van moorde vergelyk word. Daarbenewens is daar ook vrae oor die akkuraatheid van die huidige statistiek met talle klagtes oor polisie-korrupsie en moorde wat verkeerd aangedui word.]

Ek vind dit ook snaaks dat jy die volle moordstatistieke vir die land noem. Dit is snaaks, want dit beteken jy erken dat alle rassegroepe in Suid-Afrika ly onder die moord en geweld in ons land. Maar dit is iets wat jy elders aanhoudend ontken [‘n Bewering wat nie gestaaf word nie.].

Nee, jy beweer dat wit mense die teikens is van die moordenaars. Jy skreeu “Volksmoord!” wyd en syd, hoewel persentasiegewys wit mense nie meer geteiken word as enige ander rassegroep in ons land nie. [Volksmoord kan ook dui op die vernietiging van ‘n volk se identiteit en erfenisse, en hoef nie noodwendig met fisieke moord of geweld gepaard te gaan nie.]

Suid-Afrika het ’n probleem [omdat die meerderheid onaanvaarbare besluite vir almal, insluitend minderheidsgroepe neem]. Ons het ’n paar probleme. Ons almal. Misdaad is ’n probleem vir ons almal. Armoede is ’n probleem vir ons almal. Werkloosheid is ’n probleem vir ons almal. MIV/vigs is ’n probleem vir ons almal. Dit is ons probleem en ons kan dit net saam oplos. Om jou laer te trek en die ander se pleidooie te ignoreer gaan niks oplos nie. Dit gaan niemand help nie, nie eens jouself nie. [Is dit dan nie juis ‘n vreedsame opsie om minderheidsgroepe om toe te laat om hul eie heil uit te werk sonder absolute oorheersing deur die meerderheid nie? Die onderhandelde Grondwet het immers vir selfbeskikking voorsienning gemaak, maar nou word daardie internasionale reg van minderheidsgroepe ontken. Politieke vuilspel en persoonlike beledigings gaan ook niemand baat nie.]

So, dit is hoekom ek aan jou skryf, me. Bridges. Praat namens jouself [en dit geld sekerlik ook vir mnr. Meyer]. Hou op om te sê jy verteenwoordig die Afrikaners [Weer ‘n bewering wat nie gestaaf word nie?]. Hou op om na jouself as ’n “menseregte-aktivis” te verwys, want, eerlikwaar, jy is nie. [‘n Persoonlike belediging.]

Hou op om net na swart op wit geweld te verwys. Wees eerlik. Verwys ook na wit op wit geweld, wit op swart geweld en swart op swart geweld. Hou op om jou volk te probeer red. Want ons het nie jou redding nodig nie. Ons is oukei [Is mnr. Meyer nou die selfaangestelde meester wat vir ander wil voorskryf wat hulle mag en nie mag doen nie, terwyl hy sy eie persepsie oor ‘vryheid’ op ander wil afdwing?].

Martin Meyer - "Net 'n Huisie by die See"

Martin Meyer – “Net ‘n Huisie by die See”

Ja, daar is probleme in Suid-Afrika. Groot probleme. Maar jou oplossing is geen oplossing nie. Ons het dit probeer. Dit het nie gewerk nie. Sien, jy ken nie eens jou eie volk nie [en dit geld sekerlik ook vir mnr. Meyer]. Die meerderheid Afrikaners is doodgewone goeie mense. Hulle wil net ’n dak oor hul koppe hê. [Is daar enige rede om te glo dat me. Bridges enigsins anders is?]

Hulle wil Saterdag kan rugby kyk en braai. Hulle wil ’n goeie opvoeding vir hul kinders hê. Hulle wil ook maar net hard werk om seker te maak hul kinders is ietwat beter af as wat hulle is. En in Koos Kombuis se woorde: “Hulle wil ook maar net ’n huisie by die see hê.” En weet jy wat? Dit is wat alle Suid-Afrikaners wil hê. [Dit is luukshede waaroor mnr. Meyer hier spog en wat baie ander Suid-Afrikaners ontneem word weens rassediskriminasie in die Nuwe Suid-Afrika.]

So, die Afrikaner glo nie meer in jou droom nie. Ons oë het oopgegaan. Ons het die balk in ons eie oog gesien en wil nou saam met ons mede-Suid-Afrikaners werk om die splinter te verwyder. Ons wil ook maar net deel wees van ’n verenigde, vreed­same, voorspoedige Suid-Afrika. [Wie het nou die balk en wie die splinter mnr. Meyer?]

Dit is my pleidooi aan jou, me. Bridges. Ek verstaan jy sal seker nie jou persoonlike sienings kan verander nie. Net soos jou pa vir die AWB geldinsameling gedoen het, deel jy ook maar seker in daai sienings. (Dankie tog vir my ouers wat my met ’n liefde en respek vir my medemense grootgemaak het). Maar asseblief. Hou maar jou ouderwetse idees vir jouself. [Nog ‘n persoonlike belediging.]

Maar as jy jou sienings wil verkondig, soos jou grondwetlike reg is (onthou jy dat jy nie daardie reg in die ou Suid-Afrika gehad het nie?), wees dan eerlik en maak dit duidelik dit is jóú siening, nié die Afrikaner s’n nie.

Die res van ons gaan maar net aangaan met wat ons die beste doen – saam werk om ’n beter Suid-Afrika te bou. Dit doen ons vir onsself en vir al ons landgenote – selfs vir jou. Dit is my opregte wens dat jy dit eendag sal sien. Dit is my wens dat jy eendag uit jou laer sal kom en by die res van ons gaan aansluit. Dit is my wens dat jy ook eendag vryheid sal proe. [Waaron gun mnr. Meyer dan nie alle volke wat dit verkies, die geleentheid tot selfbeskikking volgens die Grondwet en Volkereg nie, of is hy ‘n voorstaander van slawerny van een volk aan ‘n ander? Selfbeskikking is immers ‘n opsie vir groter vryheid van bevolkingsgroepe wat dit verkies.]

Ons wag vir jou met ope arms en sal jou met blydskap ontvang in ons Suid-Afrika, met haar skete en kwale, haar probleme en haar drome. Want dit is ons Suid-Afrika, ons almal s’n.

Martin Meyer is ’n DA-raadslid in eThekwini.
Wyk 27, Morningside, Martin Meyer, 078 729 8768, ward27@ethekwini.org


Die DA het ‘n nuwe laagtepunt bereik met ‘n politieke liggewig soos mnr. Martin Meyer en sy vuilspel taktiek via die media. Dit terwyl hy snert kwytraak oor die veiligheidsmagte en oud-soldate sonder om enige van sy bewerings oor veiligheidsmagte of me. Bridges te staaf. Die vraag is egter of die Demokratiese Alliansie hierdie media vrystelling van hul raadslid goedkeur en onderskryf? – Red

Namecheap

Omtrent die skrywer

PRAAG

Pro-Afrikaanse Aksiegroep - Direkteur: Dr Dan Roodt
Webtuistes: www.praag.co.za - www.praag.org - www.praag.org.za