DA kan nie enkele bron verskaf vir ‘sukses’-bewerings nie

Helen Zille - Twit op Twitter

Helen Zille – Twit op Twitter

KAAPSTAD – Die DA twiet lustig en onophoudelik oor die party se “suksesse” in die Wes-Kaapse regering.

Net so leuenagtig soos die party se plakkate wat lui “Registreer en wen!” asof die verkiesing ‘n lotto is en die party ‘n kans staan om te wen, is die DA se bewerings oor werkskepping.

Verklarings oor 60.000 “arbeidsgeleenthede” wat in die tweede helfte van 2012/13 deur die party moontlik gemaak is en 31.000 “werksgeleenthede” die afgelope jaar word op Twitter gemaak. (Wat op aarde is die verskil tussen ‘n arbeidsgeleentheid en ‘n werksgeleentheid?); dat 99,1% van alle huishoudings in die Wes-Kaap toegang tot lopende water het; dat 93,4% het toegang tot elektrisiteit het; dat 96,9% toegang tot toiletgeriewe het; dat die Stad van Kaapstad, die provinsiale hoofstad, meer vir arm inwoners as enige ander stad in die land doen om die gaping tussen ryk en arm uit te wis en dat R11 miljard van die R18 miljard bestee aan dienslewering in Kaapstad aan die armes gaan.

Dit lyk alles heel indrukwekkend. By navraag, jammerlik genoeg, kon die party egter nie ‘n enkele bron verskaf vir enige van hul bewerings nie.

Partyleier Helen Zille se woordvoerder, Zak Mbhele het twee maande na die eerste oproep eers reageer op ‘n navraag van ‘n NRO, en daarna konsekwent versuim om enige van sy selfopgelegde sperdatums na te kom ter verskaffing van die bronmateriaal.

In een e-pos, het Mbhele probeer om die vertragings as volg weg te verduidelik: “Die rede vir die ongelukkige vertraging is dat dit tegnies nie ‘DA inligting’ is nie. Dit is aangevra… Ek probeer om die bronne te kry om inligting saam te stel van die Stad Kaapstad en betrokke provinsiale regeringsdepartemente.”

Beide die Stad Kaapstad en die provinsiale regeringsdepartemente word tans deur die DA beheer. Mbhele moes desnoods uiteindelik toevlug tot sy eie terugwerkende navorsing neem.

Met verwysing na die 60.000 “arbeidsgeleenthede” wat geskep is deur die Wes-Kaapse provinsiale regering in die 2012/13 finansiële jaar, skryf hy as volg: “Niemand so ver kan my iets in beton gee nie … In my eie aanlynsoekpogings het ek afgekom op die Uitgebreide Openbare Werke-program se verslae vir die eerste helfte van 2012/13 … maar nie die tweede helfte waarna die twiet verwys nie.”

Daarna het hy ‘n skermskoot van die DA se omstrede Twitter-verklarings ter sprake van die Internet geneem as bewys dat dié syfer vir “arbeidsgeleenthede” min of meer korrek is. Mbhele het daarna ‘n stortvloed Internetskakels wat hy in die loop van sy navorsing ontdek het, aan die NRO gestuur, waarskynlik in die hoop dat ‘n massa inligting, alhoewel nie ter sake nie, die knoop sal deurhaak.

Sensusdokumente wat hy ook aangestuur het, toon weliswaar dat die Wes-Kaap se basiese dienste die beste in Suid-Afrika is, maar dit is natuurlik geërf van voor 1994, toe daar min swart aankomelinge vanuit die Oos-Kaap was.

Hierdie beweringe weerspieël nie die reeds hoë vlak van dienslewering wat die DA oorgeërf het van die Apartheidsregering nie. Die DA dekontekstualiseer die inligting met opset vir eie gewin. Benewens die kwaadwillige verdraaiings van Afrikanersuksesse, is die DA se algehele gebrek aan betroubare data kommerwekkend.

Dat iemand uit die enjinkamer van die DA-provinsiale regering, met die gesag van die Premier se kantoor agter hom, nie in staat is om die bron van inligting en oorspronklike data te gee nie, spreek boekdele.

Die wisselwerking tussen die navorsing- en kommunikasie-afdelings in die DA parlementêre kantoor bestaan klaarblyklik nie. Mbhele self gee toe dat dit by die DA soos met die spreekwoordelike gebreekte telefoon gaan.

Boerevolk Erfenisbewaring

Omtrent die skrywer

PRAAG

Pro-Afrikaanse Aksiegroep - Direkteur: Dr Dan Roodt
Webtuistes: www.praag.co.za - www.praag.org - www.praag.org.za