KATEGORIE ARGIEWE: Aanvalle

Aanvalle op Burgers

Mareetsane Plaasaanval, Bejaarde Vrou Wreed Geslaan

MAREETSANE – Bes van Coller (88) is Maandagmiddag laat aangeval op haar plaas Jakkalsdans naby Mareetsane in die Wes-Transvaal. Bes is tans nog in ICU in Anncron, Klerksdorp. Afrikaanse Nuus verneem sy is met onbekende voorwerp geslaan. Haar heup is gebreek en haar regterhand. Sy het ook erge kopwonde opgedoen. Meer inligting oor die voorval sal volg.

Vishoek Aanval, Man Oorval en Vermoor

VISHOEK – Francois Hugo (64) is verlede Vrydag omstreeks 18:30 dood in sy huis in Vishoek, Wes-Kaap aangetref. Vriende en kollegas is geskok oor sy dood. Francois was ‘n oud-vlootkaptein van die Moederstad. Volgens luitenant kolonel Andrè Traut, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, vermoed die owerhede dat hy sowat drie dae vantevore in sy huis oorval en vermoor is. Die aanvallers het met…

Egpaar Helder Oordag Aangeval, Geskiet en Beroof

ALBERTON – Ludwig Pieterse (48) en sy vrou, Su-Mari (51) is Vrydag deur ‘n aanvaller geskiet nadat hul voertuig, BMW X3 weens batteryprobleme onklaar geraak het naby die Voortrekker-afrit op die N12. Die Pieterses was vir ’n vakansie van twee weke in Groot-Brak in die Wes-Kaap en het Vrydag teruggekeer na hul huis in Benoni, Sentraal-Transvaal. Hul BMW X3 het…

Villiersdorp Plaasaanval, Bejaarde Wreed Aangerand, Vrou Ongedeerd

VILLIERSDORP – Danie (78) en Martie du Toit (77), is Donderdag omstreeks 01:00 in hul huis op die plaas Weltevrede buite Villiersdorp in die Wes-Kaap aangeval en beroof deur vier mans. Danie word tans in die waakeenheid van die Mediclinic Panorama behandel nadat die kolf van ’n .22-geweer oor sy kop gebreek is. Danie is deur die aanvallers met elektriese…

polisie

Ladysmith Plaasaanval, Man en Vrou Aangerand, Twee Vasgetrek

LADYSMITH – ‘n Boer en sy vrou is op 25 Desember vasgebind, aangerand en beroof op hul plaas in Ladysmith, Natal. Die aanvallers het die Boer en sy vrou oor die kop geslaan met pistole volgens Athlenda Mathe van Netcare 911. Die egpaar het daarin geslaag om hulle los te wikkel en hulp te ontbied. Hulle is in ‘n hospitaal…

Venster

Bloemfontein Aanval, Vrou Aangerand, Amper Verkrag

BLOEMFONTEIN – Susan Claasens Vorster is op 25 Desember omstreeks 02:30 aangeval op die gasteplaas Akwêla in Bloemspruit, Vrystaat. Volgens sersant Ikobeng Hlubi van die Bloemspruit-polisiekantoor word klagte van huisbraak, aanranding en poging tot verkragting ondersoek. Susan pas plase en huise op terwyl die inwoners met vakansie is. Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie. Die vier aanavllers het…

Man Sonder Rede Aangeval in Jeffreysbaai

PORT ELIZABETH – Simon Riekert van Randfontein, Sentraal-Transvaal is in Jeffreysbaai, Oos-Kaap op Donderdag 24 Desember deur ’n groep jong mans vir geen rede aangerand. Die groep voer die laaste paar weke ’n skrikbewind in die vakansiedorp. Hulle loop glo deur die strate en beskadig eiendom, maar het nou blykbaar ook mense begin aanrand. Die vier aanvallers het Simon Riekert…

Welkom Aanval, Bejaarde met Mes Gesteek

WELKOM – Thomas Gardiner (76) van Welkom in die Oranje Vrystaat is meer as 30 keer aan sy bolyf gesteek. Sy nek en gesig is ook vol steekwonde en sy hele lyf is potblou en gekneus. Volgens Thomas het hy Sondagaand, 13 Desember by sy huis in George­straat, Doorn, na sokker op televisie gekyk. Met rustyd teen 18:45 het hy…...


Die res van hierdie inhoud is beskikbaar vir Brons, Silwer, Goud and Platinum lidmaatskap alleenlik.

Teken Aan of Registreer indien u nog nie aangesluit het nie. Dit is beslis die moeite werd!