KATEGORIE ARGIEWE: Aanvalle

Aanvalle op Burgers

Panga Aanval, Man se Hand Weer Geheg

AANVAL, CLAREMONT – Zander Vermeulen is Vrydagoggend, 22 Januarie omstreeks 03:00 met ’n panga teen die kop en arm gekap in Claremont, Wes-Kaap. Volgens inligting wat ontvang is het Zander blykbaar op die hoek van Bowwood en Foylestraat gestap toe ’n voertuig met ongeïdentifiseerde aanvallers langs hom gestop het. Die aanvallers wou glo aanwysings na die naaste kitsbank hê. Zander…

Man Geskiet, Vrou en Kinders Ongedeerd

AANVAL, KEMPTONPARK – ‘n Man (40) is geskiet in sy bolyf tydens ‘n huisbraak omstreeks 02:00 Donderdag oggend, in Majuba Straat,  Van Riebeeck Park, Sentraal-Transvaal. Volgens kaptein Lesiba Molokomme, polisie woordvoerder van Norkem Park SAPD het die eienaar van die huis voetstappe gehoor en ondersoek gaan instel. Die aanvallers het hom oorval en geskiet. Die slagoffer is na die hospitaal…

Wilderness Panga Aanval, Paartjie Boender Aanvallers

AANVAL, GEORGE – Die plaaslike polisie in George, Wes-Kaap is in dringende samesprekings met ander rolspelers oor die veiligheid op die staproete langs die ou treinspoor tussen Wildernis en Victoria Bay na nog ‘n aanval naby Leentjiesklip verlede week. Aanvalle en rooftogte op die staproete het ernstig begin toeneem. Die polisie vermoed dat verskillende groepe aktief is by die gevalle, verskeie…

Brakpan Offisier en Pa Vermoor Terwyl Hy Visvang

AANVAL, BRAKPAN – Coert Jordaan (39) van die EMPD Berede Eenheid is Woensdag, 27 Januarie vermoor terwyl hy vis gevang het op Aston Lake, in Springs van Sentraal-Transvaal. Hy laat sy vrou en drie-jarige dogter agter. Hoewel Jordaan ‘n inwoner van Brakpan is, was hy deel van die Ekurhuleni Berede Eenheid gebaseer in Petit. Coert was die betrokke dag blykbaar op verlof en…

VIDEO: Man Doodgeskiet in Richardsbaai, Aanvaller Vlug na Huisbraak

RICHARDSBAAI – Die polisie ondersoek die omstandighede wat gelei het tot vanoggend se noodlottige skietery van Danie Botha in Arum Lily Straat in Richardsbaai, Natal. Volgens die polisie het Danie en sy vrou omstreeks 10:00 gereageer toe hul buurvrou aan die oorkant van hul woning om hulp geroep het. Die polisie wou nie besonderhede bekend maak oor wat presies gebeur het…

Aanvallers Skiet op Pa en Seun vir Kontant

JOHANNESBURG – Die pa en seun het Maandag sonder brandstof op die N3-noord gaan staan waarna die aanvallers hulle geskiet en ’n onbekende bedrag kontant gebuit het. Volgens die polisie in Sentraal-Transvaal het die voorval gebeur toe die man van sy besigheid in Wynberg, waar hy kontant gaan haal het, na Bedfordview gery het om sy seun te gaan haal….

Bejaarde Vrou se Liggaam in Haar Huis Gevind

VANDERBILPARK – ʼn Bejaarde vrou (79) van Vanderbijlpark in Sentraal-Transvaal se liggaam is Maandagoggend deur haar dogter in haar huis aangetref. Volgens luitenant Teboho Lephoto, woordvoerder van die polisie, is die vrou se liggaam blykbaar op haar bed aangetref met die vermoede dat sy verwurg is. Die vrou se dogter het haar ma Vrydag vir die laaste keer gesien toe…

Plaashek

Waterval Plaasaanval, Bejaarde Vrou Aangerand, Aanvaller Geskiet

WATERVAL – ‘n Bejaarde egpaar op die Koster Molvale pad naby Waterval, in die Wes Transvaal is Sondagaand omstreeks 18H00 in hul plaashuis aangeval. Die vrou is blykbaar deur een van die aanvallers aangerand. Die man kon daarin slaag om een van die aanvallers dood te skiet. Die vrou is na die naaste hospitaal geneem vir medies behandeling. Meer inligitng…




Boerevolk Informasie