BRIEWE: Terugslag vir Afrikaans by Maties

Argief foto

Argief foto

BRIEWE“…want as daar by Elsenburg toegegee is, soos wat by UWK toegegee is oor die standbeeld van Cecil John Rhodes, sal dit nie die laaste toegewing wees nie. Die deur sal oopgestoot wees vir net nog meer eise en nog meer toegewings totdat daar by elke universiteit in Suid-Afrika toegegee word tot op die punt dat ons nie meer ‘n Afrikaanse Hoër Onderwysinstansie in Suid-Afrika oorhet nie,”

Dit was ‘n maand gelede Front Nasionaal se voorspelling. En die liberale het gelag – hulle lag mos altyd, want in Lallaland het ons mos ‘n goeie storie om te vertel. Die erg verkramptes het gesê: “Jawat, Rhodes was tog net ‘n Britse Imperialis, sy standbeeld kan maar waai” en daarmee bewys dat hulle ‘n totale wanbegrip het van die swart massa se siening oor blankes. Daar is vir die swartman in Suid-Afrika GEEN verskil tussen Rhodes en Kruger, of tussen die Afrikaanssprekende inwoner van Pretoria Tuine en die Engelssprekende inwoner van Plumstead in Kaapstad nie. Ons is die ongewenste witman. PUNT

Al wat ons nie voorspel het nie, is dat daar sommer net sonder slag of stoot boedel oorgegee sal word aan ‘n onbenullige randakkerbende wat geen belang by die Universiteit van Stellenbosch het nie. Ook maar net omdat selfs ons nie gedink het die Raad van Maties sal presies SO slapgattig wees nie.

Die Open Stellenbosch groepering is ‘n liberale, multikulturele boel opstokers wat gestig is deur vier Marxisties georiënteerde oud-studente van die Universiteit van Kaapstad wat van plan is om die Afrikaanse karakter van Maties te vernietig. So vermetel is hulle, dat hulle weier om in gesprek te tree met die Universiteitsbestuur – veel eerder loop hulle en kwaad stook op kampus, ontwrig klasse en saai onmin so ver as wat hulle gaan. Inderdaad is O.S. nie eens ‘n geregistreerde organisasie op kampus nie.

Dit is dus heel logies dat die Rektor en sy bestuur volle reg het om die hele kabaal van kampus af te laat verwyder en hulle verder nie daaraan te steur nie. Doen hulle dit? O nee, ons is mos hopeloos te bang daarvoor dat ons van rassisme beskuldig sal word! O nee, laat ons liewer ruggraatloos, skaamteloos ons hele identiteit prysgee want in ruil daarvoor om die helde van die oomblik te wees, gee ons die ewigheid van die toekoms van ons volk op ‘n skinkbord weg.

Op 28 September het die Raad van die Universiteit van Stellenbosch besluit dat Afrikaans nie langer “beskerm” sal word as onderrigtaal in die amptelike taalbeleid van die universiteit of in enige ander dokument nie.

Front Nasionaal doen ‘n beroep op oud-studente en alumni van die Universiteit van Stellenbosch om alle en enige steun aan die universiteit met onmiddellike effek op te skort en u ernstige beswaar skriftelik aan die Universiteitsraad bekend te maak. Dis JOU Alma Mater wat aan die Kommunis, Blade Nzimande, en sy agterryers uitgelewer is… dis JOU plig om jou stem daarteen te verhef.

Daniël Lötter
FNSA Inligting

Namecheap