Boervolk Oorwinning! Boere weer in Beheer van Eie Erfenisse

Boere-Republieke se Simbole van Vryheid

Boere-Republieke se Simbole van Vryheid

David Boerseun – Dié wat so rondgaan en sê “Boere, Boere,” is nie noodwendig Boere nie. Toets ware Boere en Boerskap oor die vreugde wat getoon word wanneer die Boervolk wel ‘n oorwinning in die stryd om ware vryheid het. Die valse Boere sal allerhande verskonings maak – en selfs hierdie plasings op hul “Boere” blaaie verwyder – juis omdat hulle valse Boere is, en die voorgee uitmekaar val.

Hoe lank sukkel sekere sulke organisasies nou al om net ‘n antwoord uit die ANC regering te kry vir ‘n ontmoeting? ‘n Jaar? Of twee jaar? Selfs hofgedinge lewer nie die gehoopte resultate nie. En die Ware Boere kom en in ‘n kwessie van ‘n paar maande word suksesvol onderhandel – en aan ‘n klein groepie Boere erkenning gegee dat:

  1. Die ANC regering erken dat die Boervolk bestaan – en ‘n werklikheid is hier en vandag.
  2. Dat geen ander voorgee-groep namens die Boervolk kan optree in die beskerming van hul geskiedenis nie.
  3. Onderhandelings met verskie swart stamme word suksesvol deurgevoer waarin die swart stamme die Boervolk erken as realiteit hier en nou.
  4. Swart stemme erken die aansprake wat die Boervolk het op historiese grond wat aan die Boervolk behoort – en tans steeds behoort.
  5. ‘n Hofsaak word aanhangig gemaak teen die Afrikaners se Erfenisstigting – en die saak word gewen: In hierdie proses het die hof ook bevestig:
    1. Die Boervolk bestaan, is ‘n werklikheid hier en nou, en wel ‘n werklikheid vandag,
    2. Slegs die Boervolk kan aanspraak maak op die bewaring van sy erfenisse,
    3. Die beheer en seggenskap oor die Anglo-Boere-oorlog se konsentrasiekamp-begraafplase word by die Afrikaners se beheer weggeneem en word oorhandandig aan die Boervolk se Boervolk Erfenis Bewaringskomitee.

Dus kortom, al die afgelope jare se Afrikanerfoefies dat hulle vir en namens die Boervolk optree, is in die wind geslaan. Niemand behalwe die Boervolk sal die Boervolk se saak vir hulle veg of aanvoer nie.

As ‘n klein groepie Boere saamstaan, en met sinvolle argumente kom, en dan so ‘n massiewe oorwinning vir die Boervolk kon bewerkstellig, hoeveel te meer moet die Boervolk nie nou opstaan en nou breek met al die foefies waarmee hulle vasgebind word – juis om te verhoed dat hul hul volle erfenis terug kan wen nie.

Kom Boere – word deel van die ware Boere – en kom ons staan soos een man op – en eis ons totale erfenisse op. Los van die Afrikaner nasie wat tog so graag altyd namens en vir die Boervolk wil optree – net om die Boervolk langer in onderdanigheid te hou.

Wees ook versigtig vir gekoopte kaartmanne wat self nie weet of hul Boer of Afrikaner is nie. Wat allerhande foefies opdis om ons mense mee op sleeptou te neem. Wat allerhande Boeresentimente opdis – maar eintlik net jul tyd en geld mors – en jul onnodiglik van jul ware erfenis beroof. Dit wat reeds sedert 1902 aan die gang is en wat die Afrikaners steeds wil doen.

Hierdie is die 100ste herdenking van die Rebellie van 1914. Kom ons besef dat hierdie geleentheid ons gegun word om die juk van Afrikanerskap vir eens en vir altyd af te gooi!

VERWYSING

Namecheap

Omtrent die skrywer

David Boerseun

Selfwerksaam, en 'n onbeskaamde Christen, onbeskaamd Boer en onbeskaamd Afrikaans.
Webtuiste: DavMar Tegniese Dienste.