Boeremag Gevonnis

boeremagPRETORIA – Die hofsaal was stil toe regter Eben Jordaan die vonnis, eintlik swak politieke toespraak, begin aflees het van sy skootrekenaar.

Negentien van die 21 Boeremag-lede is Dinsdag tot tussen vyf en 30 jaar tronkstraf gevonnis in die saak wat belastingbetalers meer R36 miljoen gekos het.

Al die mans is verlede jaar skuldig bevind aan hoogverraad, terwyl vyf ook skuldig bevind is op aanklagte van strafbare manslag en sameswering om moord te pleeg.

Al 21 aangeklaagdes in die Boeremagsaak het geluister hoe die bestel na 1994 verander het:

Elkeen het nou stemreg ongeag hulle ras. Die wat voorheen nie stemreg gehad het nie, is nou in beheer van die land.

Die grondwet is die regerende dokument in hierdie land. Ons woon in ’n demokrasie waar die meerderheid regeer maar waar die minderhede in ag geneem word.

Elkeen het dus die reg om ’n politieke party te stig en betrokke te raak by die politiek en om die land te verander.

Jordaan het soos ‘n robot geklink en die gehoor moes desnoods hulself begin afvra waar die beskerming is vir Afrikaanse skole, ons kultuur, die boere, ons besittings, ons eiendomme, toegang tot kapitaal, gelyke geleenthede vir ons kinders, ons taal en helaas, ons lewens?

Kortom, terwyl die regter die etniese uitwissing van Afrikaners met mag en mening probeer miskyk het, het hy dit eintlik net weer deur sy blinde, wêreldvreemde toespraak pragtig uitgelig.

Daar is diegene wat voel dat “minderheidsgroepe nooit daardie politieke indruk kan maak nie”. Jordaan het beskryf hoe wonderlik die nuwe grondwet is en hoe dit ’n verskeidenheid van opsies bied om die minderhede te beskerm.

Die naïewe aangeklaagdes is egter oorreed deur staatsagente se uitleg van Siener van Rensburg dat hulle in die naam van ‘n groter ideaal optree, indien nie in die naam van ‘n buitelandse moondheid nie.

Op die meriete van die saak en in die krygsgevange-aansoek het hy dit uitgespel hoe ’n mens moet onderhandel ten einde selfbeskikking te bewerkstellig en dit volgens die grondwet moet doen. Geweld is dus uitgesluit.

Ja natuurlik, maar geweld is skynbaar nie uitgesluit vir die staat se agente wat so bang is vir Afrikanerselfbeskikking soos die duiwel vir ‘n slypsteen nie.

Dalk moet hulle ook op die terreurlys van die VSA verskyn vir hulle moeite.

Elke staat het die reg op soewereiniteit en om dit te beskerm asook diegene te straf wat dit bedreig. Jordaan het gesê hy gaan die beskuldigdes wat die regering met geweld wou verander het daarom swaar straf.

Sy hele gekwaak oor geweld is uiteraard van alle logiese denke ontbloot aangesien die edelagbare sy stoel, posisie en die bestel wat hy ophemel, te danke het aan geweld. Dié skryende teenstrydigheid het Jordaan nie kennelik opgeval nie.

Om te straf moet hy optree in “gemeenskapsbelang”. Hierdie gemeenskap is nie die “ekstremes” in die gemeenskap nie, maar die gemiddelde, wetsgehoorsame burgers van die land wat in vrede wil saamleef en na die hof kyk om hierdie demokrasie vreedsaam te hou.

Hier sal ‘n woord van dank aan Naspers ook nie oorbodig wees nie: Benewens die staatsagente het hulle werklik onbaatsugtig meegewerk om Afrikaners as die “ekstremes” in te kleur deur selfs weg te staan van die beskrywing van wie ons is en dit met “Afrikaanses” te vervang.

“Ons” persgoep het dit danksy hulle monopolie reggekry dat Afrikaners selfs betaal om hulle identiteit prys te gee.

Die Afrikaanse gemeenskap in die besonder weet dat die nuwe bestel aanpassing verg was Jordaan se berisping. Die beskuldigdes se planne was, sou dit slaag, om die “vreedsame” naasbestaan in die land te bedreig en ’n “bloedbad” te skep.

Jordaan het werklik die indruk geskep dat dementia by hom posgevat het, aangesien die huidige vlaag sadistiese geweld teen Afrikaners kwalik voor die deur gelê kan word van mense wat nou al dekades lank agter tralies sit omdat die staat self geweld wou pleeg.

Duidelik wil Jordaan toesien dat die huidige bloedbad, wat hy as die wonderlike nuwe bestel probeer voorhou, aanhou. Die “demokrasie” wat rassistiese wette soos die wet op Billike Indiensneming uitgekraam het, is vir Jordaan “soos ’n nuwe plantjie wat in 1994 geplant is en moet opgepas word”.

Die grondwet het regskrag en kan afgedwing word ten einde selfbeskikking te bewerkstellig, het Jordaan die arme aangeklaagdes belowe.

Desnieteenstaande het die staat bomme gaan plant wat miljoene rande se skade bewerkstellig het en ‘n fratsongeluk veroorsaak waarin een lokasiebewoner per ongeluk gedood is. Ek dink die Engelse term hiervoor is “show trial”.

Hieruit het Jordaan tot die vreemde gevolgtrekking gekom dat hy ’n vonnis moet gee wat die boodskap “hard en duidelik” uitbring dat sulke dade nie geduld sal word nie en afskrikking is dus noodsaaklik.

Watter afskrikking? Vir wie? Moet die staat homself afskrik? Die huidige bloedbad en topposisie op die kriminele misdaadtrefferslys wêreldwyd skrik dan nie eers vir Jordaan en sy meesters af nie!

Daar moet “voorbeelde van die beskuldigdes gemaak word sodat dit enige persoon sal afskrik om so iets te doen”. Die gevynsheid en skynheiligheid het omtrent sienderoë van die regter se woorde gedrup.

BESKULDIGDES

Mike du Toit, beskuldigde 1: Hy het verskeie grade verwerf en was dosent. Sy dogters is tans op universiteit en sy jongste was nog nie gebore nie, toe hy gearresteer is. Sy is nou 10. Hy het ’n hegte verhouding met sy kinders. Dit is sy eerste oortreding in sy lewe.

André du Toit, beskuldigde 2: Hy het 2 kinders waarvan sy jongste 3 weke oud was toe hy gearresteer is. Hy is intussen geskei en was ’n rekenaarkundige. Dit is sy eerste oortreding.

Koos du Plessis, beskuldigde 3 is ’n meganiese ingenieur en getroud. Dit is sy eerste oortreding. Hy het homself aan die polisie oorgegee en is vir 8 jaar en 7 maande aangehou.

Adriaan van Wyk, beskuldigde 4 het homself bekwaam as rekenmeester. Hy was vir ongeveer 9 jaar in aanhouding. Sy vrou het swaar gekry en het as bywoner by haar broer gebly. In die tyd is sy vader, suster en 3 ooms oorlede waar hy nie hulle begrafnisse kon bywoon nie. Na sy arres het hy diabetes ontwikkel. Dit is sy eerste oortreding.

Herman Scheepers, beskuldigde 5 is oorlede tydens die verhoor.

Deon van den Heever, beskuldigde 6 is ’n elektriese ingenieur. Hy is geskei met twee kinders. Hy is tans verloof en het ’n gastehuis in Ellisras. Hy het gedurende sy borg van 11 jaar gewerk. Dit is sy eerste oortreding.

Giel Burger, beskuldigde 7 was ’n kolonel. Baie staatsgetuies beskryf hom as ’n fantastiese mens vir wie hulle baie respek het. Hy het 4 kinders en na skuldigbevinding is hy ontslaan uit die weermag en was werkloos. Hy het sonder sukses aansoek vir verskeie poste gedoen en was totaal vernederd toe hy nie eens werk kry as ’n trokdrywer by ’n myn nie. Dit was sy eerste kennismaking met die gereg.

Jacques Olivier, beskuldigde 8 was ’n majoor in die Pantser afdeling in die weermag. Hy is ontslaan na sy skuldigbevinding en was ’n paar maande in aanhouding. Dit was sy eerste oortreding.

Pieter van Deventer, beskuldigde 9 was ’n majoor in die weermag. Hy het homself later bekwaam in militêre reg en was ’n paar maande in aanhouding. Hy is geskei in 2006 en het 5 kinders. Hy kry finansieel baie swaar sodat hy by tye nie elektrisiteit in sy huis gehad het nie en sy skuld tot R100 000 opgeloop het. Dit was sy eerste oortreding.

Frits Naude, beskuldigde 10, kan nie instruksies aan sy regsverteenwoordiger gee weens siekte nie. Indien dit nie binne ’n jaar verbeter nie, word dit beskou dat hy gewaarsku en ontslaan is.

Tom Vorster, beskuldigde 11 is nog getroud. Hy was in die weermag en burgermag. Hy werk later in die VSA. Hierna het hy ’n eie sekuriteitsmaatskappy opgerig wat sy vrou nie mee kon voortgaan nie sodat dit tot niet gegaan het. Dit is sy eerste oortreding. Hy was verskeie kere in hospitaal toe tydens aanhouding. Hy het reeds 11 jaar in aanhouding deurgebring.

Dirk Hanekom, beskuldigde 12 is na 26 jaar huwelik van sy vrou geskei. Hy het tydens aanhouding in Weskoppies beland. Hy kon geen troues van sy kinders of begrafnisse van sy familie bywoon nie. Hy het verskeie kinders. Hy het afgetree in 1997 uit die weermag as kolonel van logostiek. Die MK en Apla soldate wat gespog het in die weermag met hulle terreurdade was vir hom ’n bitter pil om te sluk. Tydens sy arres het hy homself oorgegee en wou ’n staatsgetuie word. Dit was sy eerste oortreding.

Dr. Lets Pretorius, beskuldigde 13 is saam met al drie sy seuns beskuldigdes. Hy is vir 18 maande in C-Maks aangehou voordat hy borg gekry het. Hy beskryf die erge aanhoudingsomstandighede wat hy in die gevangenis verduur het. Dit is sy eerste oortreding. Hy het verskeie gesondheidsprobleme. Hy het alles verloor: sy praktyk, boerdery en baie finansies. Hy het sy strawwe borgvoorwaardes streng nagekom. Hy huldig die oortuiging dat sy dade volgens die wil van God was. Hy moes toekyk hoe sy vrou en drie seuns ly. Die verwydering van Kobus was vir hom baie tragies. Hy was nooit deel van die binnekring nie en het nooit ’n leiersrol vervul nie. Hy het geen aandeel aan dade van sy seuns nie en gevangenisstraf is nie aangewese nie. Dit was sy eerste oortreding.

Vis (Gerhardus) Visagie, beskuldigde 17, is 74 jaar oud en is meer as 10 jaar in aanhouding. Hy het hoë poste as natuurbewaarder beklee. Sy familie was bittereinders en rebelle gewees. Sy oupa en ouma het Genl. de la Rey persoonlik geken. Hy kan onthou hoe wonderlik dit was in die tyd van Verwoerd en toe Vorster 180 grade draai maak het hy HNP gestem. Na 1994 was dit net misdaad, moord en bedrog. Soos die Nasionale party geswaai het, het die kerke ook geswaai. Waar apartheid op die Bybel gefundeerd was, is dit nou ’n sonde. 1994 gebeure was vir hom baie traumaties. Hy het vele gesondheidsprobleme en borg is verskeie kere vir hom geweier. Hy is ’n eerste oortreder. Hy glo in Siener se visioene en glo nie dat die verandering deur ’n klein groepie sal geskied nie en sal daarom nie weer by so iets betrokke raak nie.

Herman van Rooyen, beskuldigde 18 is geskei en het geen afhanklikes nie. Hy is reeds veroordeeld gewees van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Hy het matriek in 1991 voltooi, het sy studies nie voltooi nie en saam met sy pa gaan boer. Hulle was van die suksesvolste boerderye. Hy was by die kommando betrokke en het eerstehands te doen gekry met die brutaliteit en grusaamheid van plaasaanvalle en moorde. Hy het ook die staat se onvermoë en onwilligheid gesien ten opsigte van die beveiliging van die gemeenskap. Hy het ook ’n Zimbabwe situasie gevrees en geglo in Siener van Rensburg se visioene. Lourens du Plessis se ontmoeting was die draaipunt in sy lewe. Hy het hulle slaafs nagevolg. Hy woon nie die hof by nie weens engtevrees. Hy het sy haaglike omstandighede in die gevangenis beskryf waar hy minder regte as gevonnisdes gehad het. Hy is in aanhouding in 2003 getroud en in 2006 geskei. Hy het diep onder die indruk van die laakbaarheid van sy dade gekom en is nie ’n bose misdadiger nie. Hy het sy dade onder ideologies invloed gepleeg en het nou ’n lewens en wêreldsbeskouing verandering ondergaan.

Dr. Johan Pretorius, beskuldigde 19 was ’n dokter op Potgietersrus saam met sy vader en is reeds 10 jaar en 8 maande in aanhouding. Hy beskryf die onderskeie gevangenisse waar hy en sy broer aangehou was en die erge omstandighede daarvan. Onder andere dat hulle nooit kontakbesoek ontvang het nie. Hy het meer as 10 jaar uitgedien sonder die voordeel van afslag of kwytskelding. Dit was strenger voorwaardes aangehou as gevonnisdes. Elke dag is hulle twee maal geboei en in baie klein spasie aangehou. In die meer as 10 jaar is hy meer as 2000 keer geboei. Hy het die produktiefste gedeelte van sy lewe gemis. Sy loopbaan en finansies is geruïneer. Indien die staat reeds vroeër toegeslaan het, kon hulle dit voorkom het en als moet dus nie voor sy deur gelê word nie. Hy is eerste oortreder.

Kobus Pretorius, beskuldigde 20, is meer as 10 jaar in aanhouding. Hy is geskei en geen kinders nie. Hy was ’n ingenieur en kruieboer. Hy het selfbeeldprobleme gehad en het grootgeword in ’n tronk sonder mure. Hy aanvaar verantwoordelikheid vir sy dade. Hy het alle bande met sy familie verbreek en wou nie meer onder hulle ideologie leef nie. Dit was vir hom ’n bevryding van waardes en politieke sienings wat verander het. Hy het baie druk van hulle ervaar. Hy was deel van die krygsgevange-aansoek maar was nie meer dieselfde mens gewees nie. Die breuk het na die aansoek plaasgevind. Hy het in die publiek en voor die hof gevra vir vergiffenis en antwoorde in godsdiens gesoek. Hy het springstof vervaardig en ontwerp, maar nie aan die plantings aksies deelgeneem of beplan nie. Hy het onder geweldige groepsdruk geswig en het berou. Dit het geweldige innerlike krag geverg om te breek met sy gesin en sy verlede. Die erge geraas in die gevangenis het hom emosioneel baie erg geraak en sy senuwees erg aangetas. Hy is eerste oortreder.

Wilhelm Pretorius, beskuldigde 21, se aanhoudingsomstandighede was dieselfde as sy broer Johan, beskuldigde 19. Hy is eerste oortreder. Tydens aanhouding het hy sy B.Th., sy M.A in teologie voltooi en is tans besig met sy Ph.D. in kerkgeskiedenis. Hy het groot skade aangerig, maar die staat is nie verwytloos nie. Die polisie kon die hele aksie baie vroeër gestop het en dit was hulle wat die beskuldigde leer bomme maak het. Hy het nooit ontsnap nie. Hy gebruik die grondwet om probleme op te los. Hy was vir 10 jaar getroud sonder kinders waar sy huwelik nou die slagoffer geword het. Hy sal as predikant gaan kan preek indien hy op parool sou wees en het ook 4 digbundels tydens aanhouding die lig laat sien. Hy sou al op parool uit gewees het.

Rudi Gouws, beskuldigde 22 het nie in ’n welgestelde huis grootgeword nie. Sy ouers het altyd ’n goeie gesinstruktuur bewerkstellig. Hy het graad 10 geslaag en daarna gaan boer op die plaas van Herman se pa. Hy het Herman slaafs nagevolg. Hy was by verskeie plekke saam met hom en was onder sy bevel of invloed. In die gevangenis kon hy die eerste keer vir homself dink en hy die insig gekry het oor die ernstigheid van die klagtes.

Jacques Jordaan, beskuldigde 23 was 21 jaar tydens sy arrestasie. Hy sou kom help het met springstof en is moontlik beïnvloed. Hy het by Pretoria tegnikon studeer en was 4 maande in aanhouding. Hy kon nie tydens die saak met sy studies voortgaan of ’n permanente werk kry nie.

REGTER JORDAAN SE KOMMENTAAR

Regter Jordaan het met alle punte van die staat saamgestem.

Mike du Toit is die hoofrolspeler en die opsteller van die geweldadige plan. Dit is op sy rekenaar gekry waar weermagbasisse oorgeneem sou word en swartes uit die land gejaag sou word. Hy stem saam met die staat dat hy nooit oopkaarte met die hof gespeel het nie en dat dokument 12 massiewe bloedverlies tot gevolg sou hê. Hy het finansieel bygedra tot die aksie en het die eed van geweld afgelê. Hy het duisende kilometers gereis en mense gewerf. Hy stem saam met die staat dat Mike geen berou toon nie. Sy dade is suiwer misdadigheid. Politiek in sy geval is nie versagtend nie, maar verswarend omdat hy swartes uit die land wou jaag. Hy was die heel belangrikste rolspeler en weens sy fanatiese geweld is hy nie oortuig dat hy nie weer by so iets betrokke sal raak nie.

André du Toit het dokument 12 help beplan en gesê dat “baie kaffers gaan vrek”. Hy sou deel wees van die nuwe regering. Du Toit is reg deur te sê dat vonnis baie meer mense tref, maar hy stem saam met die staat dat dit hom nie op verhinder het om misdade te pleeg nie. Hy moet sy gesondheid in ag neem. Du Toit het geen berou getoon nie en was betrokke by die belangrikste gebeurtenisse in hierdie saak. Hy het egter ’n mindere aandeel gehad.

Koos du Plessis was betrokke by die aanvangsfase. Hy het werwing gedoen, inligting versamel en verkenning gedoen. In die saak het hy sy weergawe verander maar steeds nie die waarheid gepraat nie. Hy ontrek van die groep en raak nie weer betrokke nie.

Adriaan van Wyk het verskeie vergaderings bygewoon en sou gedeelte van die troepe aanvoer. Almal om hom maak foute en hy erken nooit hy is verkeerd nie. Die staat sê hy is nie rehabiliteerbaar nie. Hierin moet mens onthou dat Smith getuig het dat Van Wyk ’n slap lid was en sy aandeel is gering.

Deon van den Heever is reeds vroeg betrokke en sy rol is groter as wat hy voorgee. Hy het fondse ingesamel en verskeie vergaderings bygewoon. Hy lê die eed af, die gelofte en identifiseer hom met geweld. Hy het dokumentasie beskikbaar gestel vir die geweldsplan. Hy sou in die nuwe regering dien. Hy sou help met die staatsgreep en het geen berou nie. Hy gee ’n valse weergawe in die hof. Die regter stem ook met die staat saam dat Deon nie beïnvloed was nie. Hy het ook geen sodanige getuienis gelei nie.

Giel Burger het volgens Dirk Hanekom ’n aanvalsplan opgestel vir Lohatla. Mens kan egter nie Hanekom glo nie. Burger swyg egter oor die staatsgreep wanneer die polisie hom kom sien. Hy sou in die nuwe regering opgeneem word en die staat is reg dat hy geweet het wat dit hom sou kos. Hy het sy loopbaan op die spel geplaas. Sy aandeel is minder as die ander.

Jacques Olivier het dokumentasie gegee vir die sameswering oor Lohatla. Hy reël die vergadering op Kathu. Hy het geen berou nie en sy aandeel is baie meer gering as die ander.

Pieter van Deventer het 2 vergaderings bygewoon en inligting verskaf. Die staat is reg dat hy geen berou het nie en die hof bedrieg het.

Tom Vorster is vanaf die Aartappelskuurvergadering die leier. Hy sweer Boeremaglede in tot trou teenoor hom. Hy werf lede en tydens inswering gee hy ’n rondte vir hulle wat hulle simbolies op verraaiers moet gebruik. Hy staan die banvloek voor wat uitwissing sou bewerkstellig het van die swartes en enige persoon wat nie met sy opinie saamstem nie. Hy het teikens verken vir motorbomme en was primêr verantwoordelik vir die staatsgreep. Hy was die opsteller van die blou briewe (Proklamasies en oorlogsverklaring) waar hy hom met grootskaalse geweld vereenselwig. Die regter stem saam met hierdie betoog van die staat. Hy sou duisende se lewens in gevaar bring en vernietig. Hy stem saam met die staat dat Vorster nie rehabiliteerbaar is nie.

Dirk Hanekom het geen berou oor sy aandadigheid nie. Hy het baie beplannings gedoen en vergaderings gehou en bygewoon. Hy was die tweede in bevel. Hy het verkennings gedoen en mense gewerf. Hy sou deel wees van die nuwe regering. Hy is mede opsteller van die blou briewe en was op Kopje Alleen. Hy stem saam met die betoog van die staat dat politieke motief in sy geval nie versagtend moet wees nie, maar verswarend. Hy moet toesien dat hy behoorlik gestraf word om ander af te skrik.

Dr. Lets Pretorius is saam met sy 3 seuns beskuldigdes. Hy het verskeie vergaderings bygewoon en het nie gehuiwer om sy onderdane te dwing en te dreig om betrokke te raak nie. Hy het ’n rondte vir Anton Smith gegee en hom ingesweer. Hy gee geld en stel sy plaas beskikbaar waar die Suid-Afrikaanse Boererepubliek ontstaan het. Hy was deel van die leierskorps by Kopje Alleen en het beplanning gedoen. Hy sou deel uitmaak van die nuwe regering. Hy toon op geen stadium berou nie en hou aan leuens vertel. Hy tree vir Willem Grobler in die bresse wat met die staatsgreepplan vorendag kom. Dit kan nie wees dat hy nooit agterkom dat sy seun ’n soldaat van die SABR is nie en dat sy ander seun die oproepinstruksies gepos het nie. Hy het herhaaldelik sy verweer herhaal wat reeds deur die hof verwerp is. Hy erken geen misdaad nie. Hy volhard dat ander hom mislei het wat reeds deur die hof verwerp is. Hy getuig van sy haaglike omstandighede tydens aanhouding en sy finansiële verliese wat hy gelei het. Die staat se betoog is egter nie sonder meriete nie. Hulle betoog dat hy nie al hierdie goed in ag geneem het toe hy by die staatsgreep betrokke geraak het nie en die hof moet dit dan ook nie doen nie. Hy stem saam met die staat dat hy geen berou getoon het nie en dat hy geen verantwoordelikheid vir sy dade wil aanvaar nie. Hy was betrokke by Anatot 1 vergadering en het volstoom saamgewerk. Sy getuienis en betoog dat hy geen prominente rol gespeel het nie en onbewus was van onwettighede het die hof reeds afgewys en is nie die feite nie. Hy het geweet van die bomme.
Jurie Vermeulen was betrokke by Anatot 1 en 2 het gehelp om handgranate te maak. Sy verweer van groepsdruk is verwerp en hy sou weermagbasisse aanval. Hy sou ook help om Bloemfontein weermagbasis aan te val. Hy is van nature meer ’n navolger as ’n leier.

Oom Vis Visagie is ten spyte van sy ouderdom nie gehinder om aan die staatsgreep deel te neem nie. Hy was kapelaan en het die eed opgestel en het ’n militêre rang gehad in die Boeremag. Hy het verskeie vergaderings bygewoon en persone gewerf, ingesweer en verkenning gedoen van teikens vir motorbomme. Hy het tot aan die einde ’n valse weergawe voor die hof geplaas. Hy is nie rehabiliteerbaar nie. Die staat is reg dat sy ouderdom en ervaring hom nie gekeer het om misdade te pleeg nie. Sy gesondheid kan hanteer word in aanhouding. Die staat is reg dat hy geen berou gehad het nie en 10 jaar van leuens volhard het. Hy was ’n leiersfiguur en het verskeie vergaderings gelei. Hy was bewus dat duisende sou sterf onder die banvloek.

Die media berig die hof was gepak met vriende, familie, lede van die publiek en die media. Volgens die Vryburger was talle staatsagente ook teenwoordig.

Veiligheidsmaatreëls was streng en die polisie het lede van die publiek deurgesoek voordat hulle in die hof toegelaat is.

VONISSE

Adriaan van Wyk, Machiel Burger, Jacques Olivier, Pieter van Deventer, Jacques Jordaan is elk tot 10 jaar tronkstraf gevonnis, wat opgeskort is vir tien jaar, berig die eNCA-nuuskanaal.

Tom Vorster, Van Rooyen, Johan en Wilhelm Pretorius en Gouws is tot 35 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan 10 jaar opgeskort is vir vyf jaar.

Michael du Toit, Dirk Hanekom, Lets Pretorius en Kobus Pretorius is tot 30 jaar tronkstraf gevonnis, wat opgeskort is vir vyf jaar.

André du Toit en Johannes Dion van den Heever is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan 10 jaar opgeskort is.

Jacobus du Plessis en Jurie Johannes Vermeulen is elk tot 15 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan 10 jaar opgeskort is vir vyf jaar. Gerhardus Visagie het vyf jaar opgeskorte tronkstraf ontvang.

Altesaam 22 mans is aanvanklik tereggestaan op 42 aanklagte van hoogverraad, moord en die onwettige besit van vuurwapens. Twee van die beskuldigdes het sedert die begin van die verhoor gesterf en Fritz Naudé word in ’n tehuis versorg nadat hy beroertes gehad het.

Namecheap

Omtrent die skrywer

PRAAG

Pro-Afrikaanse Aksiegroep - Direkteur: Dr Dan Roodt
Webtuistes: www.praag.co.za - www.praag.org - www.praag.org.za