Gedig: Boer se Onrus Groet

Anglo-BoereoorlogStille donker nag,
So ook is die dag.
Die geduld van ‘n Boer,
Sit hy vyand en beloer.

Agter die kakibos geen roer,
Slegs die wind gesuis wat sloer.
Stadig kom die duiwel onbewus,
Min wetend van Boer en hom se lus.

Strompelende ego stem deur die lug,
Lewensblus gaan hom nou-nou tug.

Vinger stadig op die sneller ……

Hartklop … Asem … Stilte … wag die Boer,
Dan die knal wat deur die stilte roer.
Duiwel tref die grond met woed,
lewensloos …. grond bebloed.

Vir elke broeder bloed gevloed,
Is dit die Boervolk groet.
As volk sal ons wag,
Tot regverdigheid van daardie dag.

Ons sal opstaan, ons sal gaan.
As Boervolk sal ons Saamstaan!

Gedig skrywer Welna van Niekerk

Namecheap

Omtrent die skrywer

Briewe en Persverklarings (Opinie)

Nuusberigte, Rubrieke, Grappe, Briewe en Persverklarings. U kan nou publikasies aanlyn indien. - Sien vrywaring, terme en voorwaardes.