Bloemfontein Aanval, Vrou Aangerand, Amper Verkrag

Venster

Argief foto

BLOEMFONTEIN – Susan Claasens Vorster is op 25 Desember omstreeks 02:30 aangeval op die gasteplaas Akwêla in Bloemspruit, Vrystaat.

Volgens sersant Ikobeng Hlubi van die Bloemspruit-polisiekantoor word klagte van huisbraak, aanranding en poging tot verkragting ondersoek. Susan pas plase en huise op terwyl die inwoners met vakansie is. Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie. Die vier aanavllers het blykbaar met ’n skootrekenaar en selfoon gevlug nadat hulle die vrou aangerand, geld geëis en haar probeer verkrag het.

Susan is per ambulans na die hospitaal gebring en is die volgende dag ontslaan. Die eienaars van die gastehuis, Deryck en Trudy Lavender, het bevestig hulle was vir die Kersnaweek weg.

 

Virtuele Bier