Bejaarde Vrou op Plaas Oorval en Beroof

Argief foto

Argief foto

AANVAL, BRITS – ’n Bejaarde vrou (83) net bekend as mevrou Steyn is Sondagoggend omstreeks 01:00 op ’n plaas naby Brits in Wes-Transvaal aangeval en beroof.

Mevrou Steyn het vroeg Sodagoggend glo iets by die agterdeur van haar kothuis gehoor. Sy wou net opstaan toe drie aanvallers by die agterdeur inkom en die slaapkamerlig aanskakel. Twee het haar met handwapens gedreig en kontant ge-eis, sy het hulle die geld in haar handsak gegee. Egter was hulle nie tevrede met die min geld nie, Steyn het hulle verseker sy het nie baie geld nie want sy is net ‘n pensioentrekker.

Die aanvallers het blykbaar Steyn se hande met ’n verlengkoord vasgebind, haar op die bed neergegooi en die kamer begin omkeer. Haar ID-boekie, TV, kamera, juwele en ’n horlosie is gesteel. Die aanvallers het toe gevlug. Steyn se dogter en skoonseun, wat ook op die plaas woon, het op haar afgekom. Steyn is ontsteld en geskok oor die aanval. Sy woon al twee jaar op die plaas.

Namecheap