Bejaarde Man Aangeval deur Vragmotor Bestuurder

Dave Brown.

Dave Brown.

AANVALLE, HARTBEESPOORTDAM – Dave Brown, van Pecanwood Estate, Hartbeespoortdam, in die Wes-Transvaal se neus en twee vingers is blykbaar gebreek nadat hy deur ‘n vragmotor bestuurder aangeval is.

Vragmotors wat sand by ’n sandsteengroef naby Hekpoort oplaai, skep glo al ‘n geruime tyd probleme. Die sand is blykbaar altyd nat en as die flappe agter die vragmotors nie behoorlik toegemaak word nie, val fyn modder op die pad. Voertuie se lugfilters word blykbaar beskadig.

Dinsdag het sand wat van vragmotors afgeval het, ’n groot gemors op die paaie agtergelaat.

Die vragmotor bestuurder.

Die vragmotor bestuurder.

Dave het glo op daardie stadium agter een van die vragmotors gery toe dit langs die Mountain Lake-winkelsentrum afgetrek het. Dave het blykbaar besluit om sy voertuig voor die vragmotor tot stilstand te bring, uitgeklim en wou die nommerplaat neer skryf. Die aanvaller het Dave glo genader en gevra wat hy besig is om te doen. Daar was woordewisseling wat aggresief begin raak het. Uit vrees vir sy lewe en selfverdediging het Dave sy pepersproei uit die bakkie gaan haal en die aanvaller in die gesig gespuit.

Die aanvaller het dit ook nie daar gelaat nie en glo ’n staalknopkierie gaan haal. Hy het na Dave se bakkie gestap en een van die vensters uitgeslaan en Dave glo met dieselfde kierie gemoker. Dave het op die grondgeval en verskeie beserings opgedoen, ’n klag is by die Hartbeespoort-polisiekantoor aanhangig gemaak.

Namecheap