Amanda Gouws, ‘n apologeet vir babaverkragtings?

deur Dan Roodt

Dr Dan Roodt

Dr Dan Roodt

Historici sal seker nog in die dekades vorentoe skryf oor die ineenstorting van ons universiteite, veral in die geesteswetenskappe. Politieke gedienstigheid, regstellende aksie en ‘n algemene vervlakking het veroorsaak dat ons naby aan ‘n tipe Sowjet-konformisme gekom het.

Politieke korrektheid en die opsê van clichés oor ras, gelykheid en feminisme, is al waarin dosente in die geesteswetenskappe belangstel, te oordeel aan sommige van hul openbare uitsprake. Voeg daarby die gereelde heksejagte teen andersdenkendes en toepassing van sensuur op die minder aangename aspekte van die Suid-Afrikaanse werklikheid, en ons besef watter volslae krisis daar reeds heers.

‘n Week of wat gelede vaar prof. Amanda Gouws van die Universiteit van Stellenbosch in Die Burger uit en raak die volgende kwyt:

“Toe Louise Mabille se rassistiese skrywe op die Praag-webwerf onder my aandag kom, het ek besluit om nie te reageer nie omdat ek glo dié regse, onverdraagsame en rassistiese webwerf verdien geen publisiteit nie.

“Dan Roodt en sy skrywes is gewoonlik net so oningelig soos dié van Mabille. Wat Mabille se situasie egter anders maak as dié van Roodt is dat sy ’n dosent in filosofie aan die Universiteit van Pretoria was (sy het blykbaar bedank onder die druk wat haar skrywe veroorsaak het).

“’n Mens wonder wat Mabille haar studente geleer het en hoe haar eie opleiding so gebrekkig kan wees.”

Akademici soos Gouws is eintlik blote ANC-amptenare, soortgelyk aan die sekretaresses van Luthuli-huis. Hulle poog lankal nie eens meer om ‘n fasade van ewewigtigheid te handhaaf of darem te verwys na ‘n voorbeeld of bevinding wat hul stellings kan illustreer, al kan hulle niks van wat hulle sê bewys nie.

In bogaande aanhaling word ‘n swetterjoel stellings gemaak, die een so ongeloofwaardig soos die ander. Maar Gouws beroep haar op sowel kleingeestigheid as vooroordeel, wat enige denkproses of kritiese besinning moet verhoed.

In hul krampagtige basuingeskal oor ras en rassisme, meen die lakeie van die korrupte, gewelddadige misdadigers wat ons regeer, dat hulle die geneesal vir hul eie onvermoë en onkunde gevind het. Dit maak hul so te sê alwetend, goddelik. Daar is iets soos die Dunning-Kruger-effek wat op die volgende neerkom:

“‘n Kognitiewe vooroordeel waardeur onkundige individue onder die wanindruk van hul meerderwaardigheid verkeer en foutiewelik hul vermoë hoër as die gemiddeld skat. Dié vooroordeel word toegeskryf aan ‘n metakognitiewe onvermoë van onkundiges om hul foute raak te sien.”

Die gemak waarmee Gouws haar eie alwetendheid teenoor my en dr. Louise Mabille poneer, is tipies van die Dunning-Kruger effek: slegs ‘n onkundige of selfs dom persoon is tot so iets in staat. Maar kom ons lys die stellings wat Gouws maak om nog verder onder die indruk te kom van haar redenasievermoëns wat so min of meer op dié van ‘n laat-middeleeuse inkwisiteur geskoei is:

  • Louise Mabille se skrywe is rassisties;
  • Praag se webwerf is regs, rassisties en onverdraagsaam;
  • Dan Roodt se skrywes is gewoonlik oningelig;
  • Louise Mabille se opleiding is gebrekkig.

Behalwe dat Gouws, die professor aan die Stellenbosse Universiteit, geen, maar géén bewysvoering vir enige van haar stellings aanbied nie, is elkeen van hulle boonop verkeerd. Daar was niks “rassisties” aan Mabille se skrywe nie, aangesien die verband wat sy tussen babaverkragtings en swart kultuur raaksien, in ‘n akademiese artikel deur ‘n antropoloog van die Universiteit van Kwazulu-Natal, Suzanne Leclerc-Madlala vasgestel is: “On The Virgin Cleansing Myth: Gendered Bodies, AIDS and Ethnomedicine” in African Journal of AIDS Research 1 (2): 87–95.

Gouws en die Universiteit van Stellenbosch is onverdraagsaam teenoor, nie net standpunte of interpretasies wat van hul polities korrekte mites verskil nie, maar teenoor die waarheid self. Wat moet ‘n mens dit daarom noem as Amanda Gouws Praag “regs, rassisties en onverdraagsaam” noem? ‘n Soort Freudiaanse ontkenning? Eintlik wéét sy dat sy onverdraagsaam, dom, dogmaties, fundamentalisties – en alles wat daarmee saamhang – is, maar projekteer haar eie toestand op ons. Teenoor ‘n koerant soos Die Burger wat bloot klakkeloos ANC-propaganda – of DA-propaganda, wat dieselfde ding is – publiseer en feitlik geen debat, gesprek of dialoog duld nie, skitter Praag in sy ekumeniese verdraagsaamheid teenoor meer as een waarheid en interpretasie. Te midde van die maatskaplike en politieke krisis in Suid-Afrika, met volslae wetteloosheid, korrupsie en dalende standaarde, handhaaf ons die reëls van beskaafde debat en meningswisseling. Uiteraard skram ons ook nie van polemiek weg nie, want te midde van leuens wat by die vullisvragmotor vol daagliks in ons land gestort word, is dit soms ook nodig om skerp te wees.

Is my skrywes boonop “oningelig”, soos Gouws beweer? Ek skryf rubrieke en kommentaar op die internet, nie akademiese verhandelings nie en daarom hoef ek seker nie honderde voetnote en verwysings by elkeen van my menings of uitsprake te voeg nie. Alles wat ek sê, is egter op feite of waarneming gegrond. Boonop beskik ek oor ‘n opvoeding en blootstelling aan die beste in die Afrikaner-, asook Europese denke en kultuur waarvan ‘n kleindorpse demagoog en agterlike linkse sikofant soos Gouws maar net kan droom. Soos Leon Lemmer al meermale op hierdie blad betoog het, is Stellenbosch onder die dwingelandy van ‘n kleurlingaktivis – eintlik klipgooier – soos Russel Botman lank nie meer ‘n akademiese instelling nie, maar ‘n uitbreiding van ANC-dogma en -aftakeling. Die benaming “Stalinbos” druk dit mooi uit. Die Universiteit van Zimbabwe beskik oor meer intellektuele geloofwaardigheid as Stellenbosch. Gouws is nie in staat om enige intelligente debat oor politiek, feminisme of enige ander onderwerp te voer sonder om in voorspelbare gille van “rassisme” te verval nie, juis om haar eie onvermoë en onkunde te verbloem.

Wat Louise Mabille se “gebrekkige opleiding” betref, is dit algemene kennis dat sy reeds verskeie boeke oor die Europese filosofie gepubliseer het. Die kommentaar oor feminisme in haar rubriek, gaan insgelyks van ‘n wysgerige standpunt uit; dis nie somaar moralisme en vertoon, soos dit kennelik by Amanda Gouws die geval is nie.

Terloops, die vlak van diskoers wat Gouws handhaaf, is nie eens op die peil van ‘n hoërskoolkind nie. Binnekort, as Afrikaners weer in beheer van hul eie instellings verkeer, sal mense soos Gouws summier in die pad gesteek word – waar hulle nie van hoogverraad aangekla sal word nie. Gouws is nie in staat om Afrikaans óf Engels te skryf of te praat nie. Haar patetiese rubrieke in Die Burger wemel van anglisismes en onbeholpenhede wat geen Afrikaanse onderwyser op ‘n ordentlike skool sou deurlaat nie. En sy skryf die titel “professor” voor haar naam! Ons weet dat kleurlinge en swartes op regstellende aksie kan reken om allerlei aanstellings te bekom waarvoor hulle nie eens naastenby bekwaam is nie… Miskien moet ons oorweeg dat daar ook blanke vroue bestaan wie se fanatiese Afrikanerhaat hulle insgelyks vir regstellende aksie laat kwalifiseer?

Net soos ons regering, is die universiteite totaal verrot en korrup. As “regstellende aanstelling”, is “professor” Gouws besig om die leuen te verdedig, die leuen dat daar nie daagliks ongeveer 1000 kinderverkragtings in ons land gepleeg word nie. Die buitenissige geweld, perversie en grusame verskrikking wat tans in Suid-Afrika botvier, word deur Gouws as “normaal” voorgestel. Trouens, om krities daarna te verwys, stel jou bloot aan die honende aanklag van “rassisme”!

Gouws is waarskynlik nie tot so ‘n elementêre logiese afleiding in staat nie, maar haar openbare standpunt verteenwoordig niks minder as ‘n apologie vir babaverkragtings nie. Dit is die inhoud van haar “feminisme”.

Sy is besig om die onmenslike geweld waaraan jong meisies, kleuters en babas daagliks blootgestel word, goed te praat. Saam met die Naspers-smeerblad Die Burger wie se redaksionele beleid op die kruisiging van die waarheid neerkom, is sy besig om die feitelike terreur teen meisiekinders in dié land te verdedig. Haar “feministiese” beskouing is eenvoudig so verwronge dat dit tot verkragting en moord op weerlose kinders lei.

Niks wat Louise Mabille in haar rubriek oor Westerse feministe se stilte in die aangesig van babaverkragtings gesê het, word deur Gouws se analfabetiese klein tirade weerlê nie. Inteendeel, haar stelletjie vooroordele en aangeleerde resitasie oor “rassisme”, stel haar kwade wil en gebrek aan enige logiese of intellektuele respons aan die kaak.

Gouws is slegs die buiksprekerpop van die Raka-agtige swart kinderverkragter self: die onsamehangende domheid van haar eie diskoers verteenwoordig bloot ‘n skriller oktaaf van die oergeluide wat hy maak as hy tot sy afskuwelike dade oorgaan.

Virtuele Bier

Omtrent die skrywer

PRAAG

Pro-Afrikaanse Aksiegroep - Direkteur: Dr Dan Roodt
Webtuistes: www.praag.co.za - www.praag.org - www.praag.org.za