Aanvallers Slaan toe op Delmas Plaas

Plaashek

Op die Plaas (Algemene Foto)

PLAASAANVAL, DELMAS – Gideon Steenberg (38) en sy vrou, Annetjie (30), is Saterdagoggend vroeg deur drie aanvallers op hul plaas buite Sundra in die Delmas-distrik oorval.

Gideon het wakker geword van een van die aanvallers se selfoonflits. Toe hy glo omdraai, het tweer aanvallers langs sy bed gestaan met ’n .38-Special-rewolwer en ’n 9 mm-pistool teen sy kop. Die derde aanvaller was ongewapen. Hulle het die egpaar se hande met die veters van Gideon se veiligheidstewels vasgebind en ’n kussing oor Gideon se gesig gesit. Die aanvallers het gedreig om Annetjie te verkrag en haar deurgesoek.

In ’n stadium het sy blykbaar kriewelrig geraak en die aanvallers het ’n vuurwapen teen Gideon se kop gedruk en gedreig om hom te skiet as sy nie stil lê nie. Die aanvallers het deur die huis beweeg en omtrent alles geplunder. Net die sitkamerstel, beddens en twee glastafels het oorgebly. Voordat hulle weg is, het die aanvallers Gideon se hande losgemaak, hom op sy maag laat draai en sy hande agter sy rug vasgebind. Hulle het blykbaar die buurtwagradio op die bedkassie afgeskakel en gevlug.

Annetjie het haar hande losgewoel en Gideon losgemaak. Gideon het skaafmerke aan die hande en ’n kneusplek aan die kop. Annetjie het ook skaafmerke, haar ribbe is beseer en sy is erg getraumatiseerd. Die polisie ondersoek die voorval.

BRON: BKA

Namecheap