Aanvallers Skiet op Pa en Seun vir Kontant

Argief foto

Argief foto

JOHANNESBURG – Die pa en seun het Maandag sonder brandstof op die N3-noord gaan staan waarna die aanvallers hulle geskiet en ’n onbekende bedrag kontant gebuit het.

Volgens die polisie in Sentraal-Transvaal het die voorval gebeur toe die man van sy besigheid in Wynberg, waar hy kontant gaan haal het, na Bedfordview gery het om sy seun te gaan haal. ’n Groep mans in klapmusse het hulle in ’n wit Audi agtervolg en op hul motor geskiet.

Die seun is in ’n kritieke toestand in die hospitaal. ’n Saak van poging tot moord en roof word deur die polisie ondersoek. Wees op julle hoede indien jy kontant in groot bedrae onttrek by ‘n bank of iewers gaan afhaal.

Namecheap