177 Jaar Herdenking, Moord op Piet Retief en sy Manne

Piet RetiefGESKIEDENIS – Dit is vandag 6 Februarie 2015, die 177-jarige herdenking van die verraderlike moord op Goewerneur Pieter Retief en 70 manskappe op 6 Februarie 1838.

Op daardie noodlottige Dinsdagoggend,6 Februarie 1838, is Retief, sy manskappe,waaronder 4 jong seuns en sowat 30 agterryers deur die Zoeloekoning Dingane se impis om die lewe gebring. Retief het,ten spyte van waarskuwings,’n tweede keer na Umgungundhlovu gereis sodat Dingane die traktaat kon onderteken waarin hy die beloofde grondgebied aan die Blanke Emmigrante afstaan.

Op die oggend van hul vertrek is Retief-hulle weer deur ‘n jong seun, William Wood, gewaarsku wat Dingane in die mou voer omdat hy Zoeloe kon verstaan. Ek vind dit tog vreemd dat die sendeling, Francis Owen ,nooit direk vir Retief gewaarsku het nie.Hy het eenmaal net gevra wat Retief van Dingane dink. Retief-hulle het hulle nie hieraan gesteur nie en voortgegaan met voorbereidings vir die terugrit na Doornkop. Op versoek van Dingane moes almal -agterryers ingesluit – nog eenmaal voor die koning verskyn sodat hy kon “afskeid” neem. Dingane het vooraf met sy twee kapteins,Umhlela en Dambuza, afgespreek dat hulle twee liedere moet sing.Tydens die tweede lied sou hy oor sy linkerskouer waai met sy regterhand en dit sou die teken wees dat die krygers Retief en sy manne moet oorweldig.

Die halfmaan krygers het al nader aan Retief-hulle gedans totdat hy Dingane versoek het om sy krygers verder van die boere te laat dans. Hy het instemmend geknik en opgestaan om die tweede lied te begin saamsing. Op die gegewe teken is die geselskap oorweldig. Sommige het hulle nog met herneutermesse probeer verdedig,maar die oormag was te groot. Omdat geen bloed in die stat gestort mag word nie, is die geselskap buite die stat met rourieme vasgebind, skerp pale in sommiges gedruk sodat hulle makliker gesleep-dra en geslaan kon word. So is die hele groep na Kwa-matiwane gesleep en wreedaardig doodgemartel met klippe en stokke omdat dit die lot van “honde” was. Retief was ongedeerd en is regop gehou om hierdie marteling van sy seun en manskappe te aanskou. Ek het al baie gewonder wat deur sy gedagtes gemaal het terwyl hy hierdie tragedie gadeslaan. Uiteindelik is hy ook om die lewe gebring.

Hierdie gebeure spook na 177 jaar steeds by ons volk. Ek het my die vraag afgevra: Wat het verander? Retief het geglo dat sy kordaatstuk ‘n toekoms vir die blanke trekkers in Natalia sou verseker. Hoe verkeerd was hy nie. Volgens die Zoeloe-historikus Credo Mutwa,het Dingaan nie die mag gehad om enige grond weg te gee nie. Die grond was ‘n “geskenk”van God (in die geval sou ek reken seker hul voorvadergeeste,want hulle was heidene) aan die Zoeloes. Hy het dieselfde grond vantevore aan talle ander persone onder wie Engelse handelaars, “gegee”. Ek vra weer:wat het in die loop van 177 jaar verander?

By KODESA het talle blanke “leiers” om grondgebied “onderhandel”. “Traktate”is ook onderteken. “Beloftes”van eie skole, eie taal, eie kultuur, eie woongebiede is gemaak. Maar ongelukkig is” Piet Retief” en sy manskappe hier ook onverhoeds betrap. Hulle was ongewapend en hulle het onder die valse indruk verkeer dat hulle die vyand kon vertrou. Na 177 jaar is die les deur baie liberales NOG NIE geleer nie. Waar Retief en sy manskappe se marteling binne ‘n halfuur verby was, gaan die Boerevolk se marteling na 20 jaar se verraad nog steeds voort. Soos Retief-hulle se liggame op die heuwel agtergelaat is vir aasvoels en roofdiere, le die liggame van so baie blanke boere op die spreekwoordelike Kwa-Matiwane. En die regering ontken dit. Hulle ontken die politieke- en rassemotivering daaragter. Ons het gedink omdat ons ‘n “traktaat” het,ons is veilig. Die inboorling sal dit respekteer. Maar helaas! ”n Stukkie papier of geskrewe ooreenkoms is vir die barbaar van nul of gener waarde.

Die volk se ontberings is na 177 jaar maar nog dieselfde as die mense van destyds. Ek glo tog dat ons volk op hierdie blad geleer het dat ons nie die heiden kan vertrou nie. Hul woord beteken niks. As ek so terugkyk op die ontberinge van ons volk, stem dit my onrustig. Dingane was allesbehalwe onnosel. Die woord is “slinks”. Laat ons nie die slinksheid van ons vyand onderskat nie. Die liberaalgesindes wat ons wat “Nee”gestem het in ’92 steeds verkwalik en brandmerk het as rassiste, maak van die “impi’s”van vandag ‘n baie meer gedugte vyand. As ek amper op moedverloor se vlakte is agv die verdoemende feite, beweeg my gedagtes aan na 16 Desember 1838. Onthou daar WAS ‘n Bloedrivier. Ons gaan nie vir altyd in die moeras vasgeval bly nie. Met ons Skepper aan ons kant, gaan ons ons beloofde land triomferend binnegaan! – Front Nasionaal

Namecheap